Skool kry meer as N$1 miljoen se skenking
Skool kry meer as N$1 miljoen se skenking

Skool kry meer as N$1 miljoen se skenking

Ronelle Rademeyer
Maria Eiseb - Die graad 3-leerlinge, onderwysers en ouers van die Primêre Skool Hillside in die Greenwell Matongo-woonbuurt in Windhoek is verheug oor die skenking van die Japannese ambassade van onder meer vier klaskamers, ''n parkeerarea, ''n afdak en ''n waterfontein ter waarde van meer as N$1 miljoen.

Volgens die hoof van die skool, me. Nathalie Uaendere, het die skool sedert sy bestaan nege jaar gelede middagklasse vir die graad 3-leerlinge aangebied. Sy het gesê die kinders wat die middagklasse bywoon, kom soggens vroeg reeds by die skool aan, want daar is niemand by hul huise om hulle op te pas nie.

Tydens die oorhandiging het die ambassadeur van Japan, mnr. Hideyuki Sakamoto, gesê gewoonlik ontmoet hy volwassenes, maar vir hom was dit verblydend om saam met die kinders te kuier.

“Dit is ''n spesiale geleentheid om saam met die kinders te kuier en om te sien hoe hul gesiggies van blyd­skap straal,” het Sakamoto gesê.

Volgens hom het die regering van Japan besluit om onderwys te ondersteun, veral in die Greenwell Matongo-nedersetting waar die bevolking vinnig groei.

“Die belanghebbers en almal wat die kinders wil help, moet bewus wees dit is tyd om hande ter wille van die kinders te vat,” het Sakomoto gesê.

Die permanente sekretaris van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, het tydens die geleentheid gesê die middagklasse sal onmiddellik staak.

Steenkamp het gesê middagskool bied nie ''n geskikte omgewing om klein kinders te onderrig nie. Sy het gesê die ministerie beplan om die orige tien primêre skole wat in die Khomasstreek middagskool aanbied, na dagskole oor te skakel.

“Die middagskool is ''n kopseer, ook vir die ouers, want hulle is bekommerd oor hul kinders, want hulle moes in die oggend hul huise sluit en die kinders buitekant los en werk toe gaan,” het Steenkamp gesê.

“Die kinders wat daardeur geraak word, is leerlinge van graad 2 en 5 en hulle is tussen sewe en tien jaar oud; dit is klein kindertjies.”

Khomas se streekdirekteur vir onderwys, mnr. Gerard Vries, het gesê die leerlinge en die breë gemeen­skap moet die skool soos hul private eiendom oppas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!