Skool vir weeskinders op Okahandja

’n Blink toekoms vir kwesbare Namibiese jeugdiges
Uerikoha Tjijombo
Die oprigting van 'n opvoedingsentrum op Okahandja beteken nie slegs die vermindering van wees- en kwesbare kinders op Namibiese strate nie, maar bied ook aan hulle die kans op ’n blink toekoms. Die Amitofo versorgingsentrum is besig met die oprigting van ’n sentrum vir Namibiese weeskinders op Okahandja.
Volgens die uitvoerende hoof van die Okahandja munisipaliteit, mnr. Frans Enkali, sal die bouwerk binne sowat twee tot drie jaar voltooi word.
“Ons is besig met die oprigting van ’n baie mooi skool en universiteit vir Namibiese weeskinders,” het die bestuurder, ’n Chinese burger wat as ene Pohamba geken word, gesê.
Dié sentrum word sowat tien kilometer buite Okahandja op die Hochfeldpad opgerig.
Volgens Enkali, was die versoek dat die sentrum buite die dorp gebou word, gegrond op die feit dat die kinders dan nie so maklik negatief beïnvloed sou word nie.
Op 1 Maart is die projek deur die Namibiese presidentsvrou, me. Penehupifo Pohamba, bekendgemaak sodat die konstruksiewerk kon begin.
Die kinders sal vanaf graad een tot twaalf skool gaan waarna hulle verdere opleiding by die universiteit kan ondergaan. Toppresteerders sal ook die kans kry om in die buiteland te gaan studeer.
Hoewel Enkali het gesê die kinders sal kan kies om volgens die leringe van Boeddhisme en Christendom opgevoed word en sal 'n keuse tussen die twee gelowe kan maak.
Volgens Enkali sal die sentrum sowat 1 000 weeskinders huisves.
Hoewel kinders van Okahandja voorkeur sal geniet, is weeskinders wat toegang tot die sentrum sal verkry nie slegs tot Okahandja beperk nie.
Kinders sal ook Mandaryns leer wat volgens die uitvoerende hoof, verbande en kommunikasie tussen Chinese en Namibiërs sal ontwikkel.
Onderwysers sal deur Amitofa verskaf word, het Enkali gesê.
Die instelling sal brood op die tafels van ongeveer 300 mense sit.
’n Kliniek sal ook by die sentrum opgerig word en sal volgens Enkali die afstand wat inwoners van die omliggende plase vir mediese sorg op Okahandja moet aflê met sowat tien kilometer verminder.
Ongeveer 300 vrugtebome sal geplant word om te help om voedsel vir die sentrum te genereer.
“Die kinders sal vir gesondheidsredes nie toegelaat word om vleis te eet nie,” het die uitvoerende hoof gesê.
Omliggende boere meen dat hoewel die instelling vir ’n goeie doel opgerig word, hulle nie behoorlik geraadpleeg is nie.
“Ek vra namens die raad verskoning dat dit ons ontgaan het om die gemeenskap te raadpleeg. Dit was nie doelbewus nie,” het Enkali daarop reageer.
’n Soortgelyke sentrum is in Lesotho opgerig en nog een sal binnekort ook in Botswana opgerig word.

Kommentaar

Republikein 2024-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 2 vs 2 Wolves | Brentford 4 vs 3 Ipswich Town | Aston Villa 1 vs 1 Bournemouth | Manchester City 1 vs 0 Southampton | Leicester City 1 vs 3 Nottingham Forest LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Villarreal | Espanyol 0 vs 2 Sevilla SerieA: Napoli 1 vs 0 Lecce | Torino 1 vs 0 Como | Udinese 2 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Cardiff City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Sunderland 2 vs 0 Oxford United | Sheffield United 2 vs 0 Stoke City | Plymouth Argyle 3 vs 3 Preston North End | Derby County 1 vs 1 Hull City | Burnley 0 vs 0 Queens Park Rangers | Watford 1 vs 0 Blackburn Rovers | Coventry City 3 vs 2 Luton Town | Bristol City 0 vs 0 Leeds United | Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Cardiff City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Sunderland 2 vs 0 Oxford United | Sheffield United 2 vs 0 Stoke City | Plymouth Argyle 3 vs 3 Preston North End | Derby County 1 vs 1 Hull City | Burnley 0 vs 0 Queens Park Rangers | Watford 1 vs 0 Blackburn Rovers | Coventry City 3 vs 2 Luton Town | Bristol City 0 vs 0 Leeds United | Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion #N/A Currency: GBP to NAD 22.82 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.4 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1634.69 | USD to ZAR 17.65 | USD to ZMW 26.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1878.14 Down -0.19% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14181.53 Up +0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30552.82 Up +0.46% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9844.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 747.22/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 116.50/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 76.05/BBP UP +1.80% | Platinum US$ 1 024.42/OZ DOWN -0.002 #N/A