Skoolaansoeke vir 2020 skop af
Leerlinge wat reeds ’n skool bywoon waar die volgende graad aangebied word, sal nie toegelaat word om na ’n ander skool te beweeg nie.
Die aansoekproses vir toelating tot die volgende skooljaar het afgeskop. Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het ouers en voogde gemaan skoolbywoning is volgens die onderwyswet verpligtend vir elke kind van die jaar waarin die betrokke kind sewe jaar oud word.
Ouers wat aansoek doen vir preprimêre skole word daarop gewys slegs leerlinge wat voor of op 31 Desember van die akademiese jaar vyf jaar oud geword het, sal volgens die toelatingsvereistes vir preprimêre onderrig aanvaar word.
Ouers en voogde moet vandeesmaand aansoek doen vir ‘n skool naby hul huis of dan die skool van hul keuse. ‘n Aansoekvorm moet by die betrokke skool ingevul word.
Leerlinge wat reeds ‘n skool bywoon waar die volgende graad aangebied word, sal nie toegelaat word om na ‘n ander skool te beweeg nie, omdat die betrokke leerling reeds outomaties plek in die volgende graad het. Uitsonderings word gemaak in gevalle waar ouers van die een streek na ‘n ander verhuis.
In dié gevalle moet aansoeke vergesel word van ‘n oordragbrief van die ouers of voogde se werkgewer of pastoor. Die skoolhoof van die nuwe skool waarheen die leerling oorgeplaas word, moet alle rekords van die ingeskrewe leerling van die vorige skool aanvra.
Skole moet ouers teen 26 Julie vanjaar op skrif oor die stand van hul aansoek inlig. Ouers wie se kinders nie gewaarborgde plek in hul skool van keuse het nie, moet die ministerie se betrokke streekkantoor nader.
Volgens ‘n verklaring het die minsterie inspekteurs gevra om bedag te wees op skole wat buitensporige aansoekfooie vra. Aansoekfooie is slegs vir administratiewe doeleindes soos fotostate en waarborg nie ‘n plek in ‘n skool nie.
Die ministerie het die versekering gegee skoolhoofde, onderwysers en inspekteurs sal verseker die toelatingsproses van leerlinge verloop glad en dat aan alle toelatings- en aansoekvereistes voldoen word.
Die ministerie het ‘n beroep op ouers en voogde gedoen om enige ongerymdhede by die naaste onderwyskantoor of by die direkteur van onderwys aan te meld.
Aansoeke word in Junie verwerk en ouers sal in Julie in kennis gestel word of hul aansoeke suksesvol was.
In Augustus sal skole inspekteurs en die streekdirekteur oor die vordering van die proses inlig, en teen Oktober moet die streekdirekteure die hoofkantoor dienooreenkomstig inlig.
Die ministerie het ouers en voogde gemaan elke skool is uniek en logistiek en administratiewe prosesse sal van die omgewing afhang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie