Skoolfonds: Droogtehulp kort minstens N$695 000
Skoolfonds: Droogtehulp kort minstens N$695 000

Skoolfonds: Droogtehulp kort minstens N$695 000

’n Geldinsamelingsdag vir skoolfonds word volgende naweek gehou, waartydens ’n potjiekoskompetisie, markdag en opskop aangebied word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Sou die Namibië-droogtehulpfonds slegs aansoeke om hulp met skoolfonds vir graad 10- tot graad 12-leerlinge oorweeg, sal hulle vanjaar N$695 000 moet insamel.

Namibië-droogtehulp se Henriette Le Grange het tydens ’n onderhoud op Kletskompas, Namibia Media Holdings se aanlyn nuusprogram, gesê skoolfonds is, naas voer, een van die grootste behoeftes van boere wat steeds deur die droogte geteister word.

“Dit is astronomies om te hoor hoe groot die bedrae agterstallige skoolfonds van boere se kinders is. Ek weet reeds van vier kinders wat uit die skool gehaal is omdat boere nie meer skoolfonds kan bekostig nie.”

Le Grange het tans 43 aansoeke vir hulp met skoolfonds asook agterstallige skoolfonds ontvang, waarvan 10 vir leerlinge in hul laaste drie skooljare is.

Sy sê geld wat intussen aan die droogtehulpfonds geskenk is, moet eerste kinders in graad 10, 11 of 12 help.

“Jy kan jonger kinders dalk ’n jaar uit die skool haal of later skool toe stuur, maar nie senior kinders nie. Hul toekoms hang daarvan af,” het sy gesê.

Sy het voorheen gesê boere probeer ook om hul kinders in staatskole te plaas, maar dié skole is eenvoudig net te vol, terwyl tuisonderrig geld vir die nodige rekenaartoerusting vereis.

DROOGTE

Le Grange sê die droogte is nog nie gebreek nie.

“Mense sien riviere loop en baie reënfoto’s, maar steeds het baie boere nog nie reën gekry nie. Ek het byvoorbeeld met ’n boer van Grootfontein gepraat wie se plaas nog geen groenigheid het nie. Leonardville en die Noordweste sukkel ook.

“Daar is ook gesinne wat nie meer vir hulself kos kan koop nie, wat ons deur ons Koskasprojek help,” het sy gesê. “Ek kan nie vir mense beskryf hoe groot die nood juis nou is nie. Dit is veel groter as verlede jaar dieselfde tyd,” het sy gesê.

“Een van die boere het onlangs gevra of die Here dan van die Noordweste vergeet het. Ek dink al die reënfoto’s maak dié mense nog meer depressief. Die droogte is nog beslis nie gebreek nie,” het sy gesê.

GELDINSAMELING

Le Grange sê die fonds wil skoolfonds insamel deur op 7 Maart ’n potjiekoskompetisie, markdag en opskop met die Klipwerf Boereorkes in Windhoek aan te bied.

“Tot dusver het 15 spanne vir die potjiekoskompetisie ingeskryf – lekker pryse is op die spel. Terselfdertyd hou ons die oggend ’n markdag.

“Tot dusver is daar 26 stalletjies, waarby ons plaasvrouens probeer betrek het sodat hulle hieruit ’n inkomste kan maak. Dit vind by Windhoek Gimnasium se sportgronde by United plaas,” het sy gesê.

Die fonds hou die aand van 7 Maart ook ’n Klipwerf Boereorkes-opskop in die skoolsaal en kaartjies sluit ’n ete in.

“Ons het egter nog baie min kaartjies hiervoor verkoop en wil ’n beroep op mense doen om ons te ondersteun. Ons gebruik die geld vir niks anders as vir boere in nood nie,” het sy gesê.

Vir meer besonderhede, kontak Le Grange by 081 124 9670.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!