Skoolhoof en vrou met twee renosterhorings gevang
Skoolhoof en vrou met twee renosterhorings gevang

Skoolhoof en vrou met twee renosterhorings gevang

Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Nadat hy sewe maande agter tralies deurgebring het omdat hy met onwettige renosterhorings in sy besit betrap is, is ‘n skoolhoof van die Zambezistreek vry op borgtog ná ’n suksesvolle appèlaansoek by die hoërhof in Windhoek.

Mnr. Kenneth Tebuho (57) is in Julie 2021 saam met sy tradisionele vrou, me. Joyce Libuku (48), in hegtenis geneem nadat ‘n sak met twee renosterhorings in hul voertuig ontdek is terwyl die polisie dit by ‘n padblokkade deursoek het. Die twee staan tereg op verskeie aanklagte wat verband hou met die onwettige besit en handel van beskermde wildprodukte.

Tebuho het hom laat verlede jaar tot die hoërhof in Windhoek gewend nadat landdros Clara Malilo Mwilima van Katima Mulilo sy aansoek om borgtog in Augustus 2021 geweier het. Tebuho, ‘n jarelange onderwyser en skoolhoof by die Ngoma Gekombineerde Skool in die Zambezistreek, het getuig hy weet niks van die renosterhorings wat in ‘n sak gevind is wat sy vrou glo in die betrokke voertuig gelaai het nie.

Tebuho se prokureurs het gesê sy vrou, met wie hy drie kinders deel, het verlede jaar tydens die borgtogverhoor in die landdroshof aangevoer haar man is onskuldig. Sy het aan die hof gesê haar man was onbewus van wat sy in die sak gehad het en dat sy “pas met die sak in die voertuig geklim het. Hy het net vervoer verskaf”.

“Hy het nooit iets geweet nie; hy het nie geweet wat aangaan nie,” het sy volgehou.

Libuku het ook getuig sy verdien ‘n klein inkomste deur duiwelsklou, patats en tamaties te verkoop. Sy beweer sy was ten tyde van haar inhegtenisneming nie seker of die produkte renosterhoring is of nie.

Sy het aan landdros Mwilima gesê sy wou probeer verifieer of dit wel renosterhoring is, waarna sy van plan was om dit te verkoop. Tebuho het in die hof gesê hy ondersteun sy vrou, sewe kinders en sy bejaarde ouers deur die salaris wat hy as skoolhoof verdien. Hoërhofregter Herman January is ook meegedeel dat Tebuho nie met staatsgetuies sal inmeng nie, aangesien hy nie weet wie die getuies is nie. Verder, as ‘n huis- en beeseienaar, plus die waarskynlikheid dat hy ‘n boete sal ontvang indien hy skuldig bevind word, is die kans skraal dat hy op die vlug sal slaan.

‘HY HET GEWEET’

Die staat het egter gesê Tebuho se gedrag op die dag van hul inhegtenisneming het aangedui dat hy geweet het wat sy in die sak dra.

’n Polisiebeampte het getuig dat Tebuho geweier het om sy voertuig by ’n padblokkade te stop, en eers afgetrek het toe die polisie waarskuwingskote afgevuur het nadat hy weggery het. Die polisie het verder beweer beide Tebuho en sy vrou het geweier om hul vensters af te rol toe die polisie die voertuig genader het.

Hy het eers hul bevele gehoorsaam nadat die polisie gedreig het om die venster te breek. Hulle het ook glo gesien hoe Libuku probeer het om die sak onder haar sitplek in te druk.

Volgens hofstukke het Tebuho se vrou erken sy het die renosterhorings in haar besit gehad. January het Maandag beveel die aanvanklike besluit om borgtog te weier, moet ter syde gestel word, en dat Tebuho op borgtog van N$15 000 vrygelaat moet word. Hy is verder verplig om elke Maandag en Vrydag by die Katima Mulilo-polisiekantoor aan te meld, en verbied om die dorp te verlaat sonder om die polisie in te lig. Hy is ook beveel om alle reisdokumente in sy besit aan die polisie te oorhandig.

Mnr. Kalundu Kamwi het as Tebuho se regsverteenwoordiger opgetree, terwyl die staat deur mnr. Johannes Mwatondondandje Kalipi verteenwoordig is. Dis onduidelik of Libuku in dié stadium ook ‘n aansoek om borgtog by die hoërhof ingedien het.

Strawwe vir handel in renosterhoring kan ‘n boete van hoogstens N$25 000 of tronkstraf van ‘n maksimum van 25 jaar insluit, terwyl die onwettige besit van ‘n renosterhoring kan lei tot boetes van hoogstens N$15 000 of tronkstraf van ‘n maksimum van 15 jaar.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.64 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 638.13/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.45/lb UP +3.08% | Zinc US$ 2 995.80/T UP 3.59% | Brent Crude Oil US$ 75.07/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 973.83/OZ UP +1.65% #REF!