Skoolhoof sterf in banktak
Tuyeimo Haidula op Oshakati – 'n 59-jarige skoolhoof is dood terwyl hy op een van die sitplekke binne FNB Namibia se tak op Ondangwa op bankdiens gewag het.
Die Oshanastreek se polisiewoordvoerder, insp. Thomas Aiyambo, het die voorval bevestig en gesê die man het sy bewussyn verloor en hoewel 'n ambulans ontbied is, is hy by sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Die man is uitgeken as mnr. Teophilus Taati Shipahu van die Ekamba A nedersetting in die omgewing van Oshigambo. Sy naasbestaandes is in kennis gestel. Hy word deur sy vrou en kinders oorleef.
Shipahu was vir langer as 20 jaar die skoolhoof by die Primêre Skool Onamambo.
Volgens Aiyambo dui inligting van die familie daarop dat die oorledene met diabetes as 'n siektetoestand saamgeleef het, hoewel die oorsaak van sy dood nog nie bo twyfel vasgestel is nie. Die oorskot is na die Oshakati-polisie se lykhuis vir die uitvoering van die nadoodse ondersoek geneem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie