Skoolkinders baat by warm etes
Skoolkinders baat by warm etes

Skoolkinders baat by warm etes

Tanja Bause
Tanja Bause



Jubilee Ministries Windhoek onder­steun al vir die afgelope tien jaar kinders van die Primêre Skool Elim in Khomasdal.

“Ons gee vir 100 kinders twee keer 'n week kos. In die verlede het ons hulle in pousetyd kos hier by die kerk gegee. Hulle het na ons gekom en ons het met hulle gesels terwyl hulle eet. Hulle is dan terug skool toe,” sê mnr. Chris Jonathan, pastoor van Jubilee Ministries.

Weens die Covid-19-pandemie kon die kinders nie meer by die skool kom eet nie.

Die vrywilligers Henrietta Daniels, Yvonne van Wyk, Louisa Hansen, Joan Daries en Sarah Visage kom nou weer by die kerk bymekaar en maak die kos en 'n onderwyser van Elim kon haal dit.

“Die onderwyser gee dan die kos vir die kinders by die skool. Ons doen dit nou so, sodat ons die kinders nie in gevaar stel nie en sosiale afstand kan handhaaf.”

Die vrywilligers begin al vroeg­oggend met die kosvoorbereiding sodat die kinders betyds hul warm bord kos kan kry.

Hulle werk in twee spanne wat beurte maak om die kos voor te berei.

Jubilee Ministries Windhoek is in Februarie 2011 deur Jonathan en sy vrou, Lucille, begin.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!