Skoolkinders word straatsmouse op afdae

Terwyl leerlinge in Rundu hulle op afdae tot die strate wend om ‘n inkomste te verdien, het die direkteur van onderwys in Kavango-Oos die blaam vierkantig op ouers se skouers geplaas.
Kenya Kambowe
Kenya Kambowe op Rundu

Sommige leerlinge in Rundu verander in smouse of straatverkopers wanneer hulle nie by die skool is nie,

Dit volgens ’n ondersoek wat deur ons susterkoerant Namibian Sun uitgevoer is.

Terwyl sommige by die skool kopkrap oor ‘n wiskundesom, kan ander skoliere by stortingsterreine opgemerk word waar hulle by winkelsentrums smous, in die strate ronddwaal of op soek is na materiaal wat hulle by die skrootwerf kan verkoop.

Dit nadat die meeste staatskole in dié dorp die pelotononderwysstelsel geïmplementeer het – wat behels dat leerders in groepe verdeel word en slegs op sekere dae klas bywoon weens Covid-19-maatreëls en oorvol klaskamers.

Die nagevolg van hierdie stelsel is dat kinders hulle tot bedrywighede gewend het wat hulle nie sou doen as hulle Maandae tot Vrydae skool ononderbroke sou bywoon nie. Die ondersoek kon egter nie vasstel of die kinders gedwing word om te smous nie.

DIE OUERS SE SKULD

‘n Gemeenskapslid, wat op die voorwaarde van anonimiteit gepraat het, het sy misnoë uitgespreek oor dít wat met leerlinge gebeur wanneer hulle nie in die skool is nie.

Hy het gesê hierdie leerders sal sielkundig geraak word, aangesien hulle sal dink smousery is ’n alternatief vir skoolgaan.

“Hierdie kinders sal grootword en dink onderrig is nie so belangrik nie, want hulle sal geneig wees om te glo selfs al kom hulle nie skool deur nie, sal hulle ‘n plek in die strate hê om geld te maak," het hy gesê.

“’n Leerder moet by die huis wees en dink oor wat hy of sy geleer het en moet die ingesteldheid hê om skool toe te wíl gaan, nie in ‘n klaskamer sit en dink aan die volgende afdag om in die strate te wees nie.

“Ek doen ‘n beroep op die regering om alle ouers in hegtenis te neem wat hul kinders dwing om smouse te word. Dit is verkeerd.”

OUERBETROKKENHEID

Die direkteur van onderwys in die Kavango-Oosstreek, mnr. Fanuel Kapapero, het by navraag gesê die blaam val op ouers wat nie verseker dat hul kinders gefokus bly op die dae wat hulle nie by die skool is nie.

Hy het bygevoeg skoolhoofde moet ouers aansê om kinders nie heeltemal te laat afskakel wanneer hulle nie by die skool is nie, maar eerder die tyd moet gebruik om voor te berei vir die volgende skooldag.

“Wanneer die leerders ’n afdag het, is hulle nie as sodanig af nie. Hulle moet die geleentheid gebruik om vir die volgende dag voor te berei. Ek het ook self van die kinders gesien [kuier, smous, ens.] en ek het vir hulle gesê wat reg is. Dit is regtig hartseer,” het Kapapero gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!