Skoolklere vir siggestremde leerlinge
Skoolklere vir siggestremde leerlinge

Skoolklere vir siggestremde leerlinge

Maria Eiseb
Die Wilku-trust en Dundee Precious Metals het skoolklere ter waarde van sowat N$90 000 aan die skool vir siggestremde leerlinge in die hoofstad geskenk. Volgens 'n trustee van die Wilku-trust, mnr. Kurt Johannesson, het Dundee Precious Metals sowat die helfte bygedra. Me. Sonja Lambert, ook 'n trustee van die Wilku-trust, het tydens die geleentheid gesê hulle het vir al 148 leerlinge, van wie 48 ­albino's is, elk skoolklere gekoop. Daar is onder meer twee skool­broeke vir elk, truie, hemde en skoene. Johannesson het gesê die trust ondersteun die skool sedert 2012. Die waarnemende skoolhoof, mnr. Everitte Koopman, het tydens die oorhandiging gesê die skenking sal die druk op ouers verlig omdat hulle skoolklere én skoonmaakmiddels vir die skool moet aankoop.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer