Skoolrade kan sê oor onderrigtaal
Wysigingswetsontwerp vir onderwys bring groot verandering
Henriette Lamprecht - Skoolbeheerrade moet die gesag hê om die taal van onderrig volgens die behoeftes van die skool en streek te kan kies, terwyl die regulering en toesig van private skole en koshuise in Namibië verbeter moet word. Terselfdertyd moet die skoolontwikkelingsfonds afgeskaf word, terwyl duidelike riglyne vir geldinsameling op skoolvlak moet geld.
Dit is van die voorstelle vervat in die voorgestelde wysigingswetsontwerp vir basiese onderwys, 14 jaar ná die aanvaarding van die onderwyswet in 2001.
Met verwysing na die taalbeleid by staatskole kan die minister van onderwys, kuns en kultuur ná konsultasie met die skoolraad bepaal dat 'n ander taal as Engels vir onderrig in die skool gebruik kan word. 'n Skool se taalbeleid moet binne 'n sekere raamwerk ontwikkel word wat beginsels soos respek vir die land se diverse taalgemeenskap in ag neem.
Skoolrade se taalbeleide sal steeds onderhewig aan die nasionale taalbeleid wees.
In 'n dokument gister tydens die amptelike bekendstelling van die wysigingswetsontwerp aan parlementariërs, is onderwys in Namibië " ondoeltreffend vanweë reuse implementeringsuitdagings in die voorsiening van kwaliteitonderrigdienste op skoolvlak" uitgesonder. Om dié rede het die onderwyssektor soveel " swak publisiteit" in die media gekry.
Die wysigingswetsontwerp maak voorts voorsiening vir die instelling van standaarde vir skool- en koshuisinfrastruktuur, terwyl duidelike riglyne oor die bestuur en die rol van skoolbeheerrade verskaf moet word. Verpligte opleiding vir skoolraadslede, inklusiewe kriteria vir lede met basiese geletterdheids- en syfervaardighede en ? verteenwoordigende skoolraad op streek- en nasionale vlak, is voorstelle om die bestuur van skole in die land te verbeter. Die wysigingswetsontwerp fokus voorts op duidelike riglyne vir skole se finansies, finansieringsmodelle, sowel as geldinsamelings met die fokus wat deurentyd op die leerling moet val.
Die voorstelle sluit ? beleid vir die voorkoming en bestuur van tienerswangerskappe, ondersteuning aan leerlinge wat afgeknou en mishandel word, die beskerming van leerlinge met spesiale onderrigbehoeftes en groter deelname deur leerlinge aan die bestuur van skole in.
Met betrekking tot onderwysers word ? professionele raad vir opvoeders daargestel wat as platform sal dien om die beroep te reguleer terwyl dit voorts geleenthede vir professionele ontwikkeling en kapasiteitsbou bied.
? Kultuur van omgee, ondersteuning en verdraagsaamheid moet vooropgestel word, terwyl die leerplan in ooreenstemming met die amptelike vereistes en binne die gespesifiseerde tydraamwerk voltooi moet word.
Voorsiening word voorts gemaak vir duidelike wetgewing vir ouerbetrokkenheid, terwyl die gemeenskap se eienaarskap van onderwys versterk moet word.
Voedingsprogramme by skole moet in ? omvattende program omgeskakel word wat verskeie voedselsoorte aan weerlose kinders in alle skole op gepaste tye tydens skoolure verskaf. Tegnologie behoort voorts ook in leerplanne geïntegreer te word, terwyl die onderrig van rekenaarwetenskap versterk moet word.
Die wysigingswetsontwerp volg op ? uitgebreide oorsig deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, met die finansiële en tegniese ondersteuning van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) en die Europese Unie (EU).
Die sentrale fokus is die kind en leerling, die bevordering van ? onderwysstelsel wat vry is van enige tipe diskriminasie asook ? stelsel wat die Namibiese kind vir lewenslange onderrig en volhoubare ontwikkeling voorberei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie