Skoolseun is hengelaar van die jaar

Die nuwe seisoen begin komende naweek by Hardapdam.
Andrew Poolman
Die Namibiese Varswater Oewerhengelhengelvereniging (NFBAA) se kompetisies in 2016 was suksesvol en was deurgaans baie kompeterend tussen die klubs sowel as die hengelaars.

Die pryswenners vir 2016 is onlangs by die jaareindfunksie bekend gemaak en vereer.

Die junior kampioen met 318 visse was Iwan Kotze, wat verlede jaar sy matriekjaar by WHS voltooi het. Tussen die senior mans was die mededinging baie straf voordat Christo Kruger met 238 visse die algehele wenner was.

Die voorste vrouehengelaar was Lilani Eastes met 175 vis. In die meesters se kompetisie het Paul Steyn het met die beker weggestap. Hy het 109 visse ingekatrol.

Die grootste prestasie was natuurlik die algehele wenner – wat ’n vrou, senior man, meester of selfs ’n junior kan wees. Vir 2016 het die juniors geseëvier en het uitstekende vangste gehad.

Die beste drie individuele hengelaars vir 2016 was: Iwan Kotze eerste plek, Christo Kruger tweede plek en David Oberholzer derde plek.

In die klubkompetisie het Nomad eerste klaargemaak, met Xtreme in die tweede en Hook It in die derde posisie.

Die Namibiese Varswater Oewerhengelhengelvereniging het tydens sy onlangse jaarvergadering ’n nuwe komitee vir 2017/2018 verkies. Die NFBAA se bestuur bestaan uit die volgende mense:

President: Betsie Bergh.

Visepresident: Leon Diedericks.

Sekretaris: Nadine Pienaar.

Tesourier: Willem Heunis.

Skakelbeampte: Carol Stinton.

Ontwikkelingsbeampte: Brian Bravenboer.

Rekordsbeampte: Gerhard van Niekerk.

Behalwe dat dit ’n sportsoort vir oud en jonk is, is daar ook groot getalle sosiale hengelaars vir wie dit net ’n stokperdjie of bloot ontspanning is.

Die verskil is dat wanneer jy hengel as ’n kompeterende sport beoefen, jy wel teen tyd hengel. Jou doelwit om al die verskillende spesies soos karpe, moddervisse, kurpers, geelvisse en babers te vang, kan jou dan heeldag besig hou om jou kwota te probeer vol kry.

Spanne bestaan uit ses hengelaars en word in pare van twee hengelaars per pen in drie sones verdeel.

Die mikpunt is om soveel vis moontlik (limiet 20 per spesie in ’n sak) binne die toegekende agt ure vol te maak. Die NFBAA bevorder beslis “catch and release”, dit wil sê dat alle vangste ná die inweeg terug in die water geplaas word. Korrekte hantering van vis is ’n baie belangrike aspek in hengel.

Die beplanning en voorbereiding in die week en aand voor die begin van ’n kompetisie is altyd opwindend. Al die hengelaars praat dan net vis en kry een of ander viskoors wat vreeslik aansteeklik is.

Die eerste nasionale kampioenskap vind komende Saterdag en Sondag by Hardapdam plaas. Alle belangstellendes is meer as welkom om ’n draai te kom maak.

Die komiteelede is altyd beskikbaar wanneer dit by ontwikkeling kom. Hiermee wil ons graag skoliere ook betrek om die sport te bevorder. Die jeug is immers die toekoms vir elke sportkode. Die ontwikkelingsbeampte Brian Bravenboer verwelkom jou oproep by 081 350 7551.

Die NFBAA se webtuiste is www.namibia-freshwaterangling.com/nfbaa, of op hul Facebook-blad (Namibia Freshwater Bank Angling Association).

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!