‘Skooltye gaan oor kinders, nie ouers nie’
Republikein het met ouers in die hoofstad oor die nuwe voorgestelde skooltye gesels wat binnekort van toepassing sal wees. Volgens die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, moet skole nie later as 07:30 begin en later as 16:30 uitkom nie.
Die meerderheid Namibiërs is met dié verandering tevrede, aangesien dit veral kinders sal bevoordeel wat in nedersettings bly en soggens vroeg ver moet stap.
Onesmus Shivolo
“Dit is ’n goeie ding, want deesdae is dit gevaarlik vir kinders op klein dorpe om soggens vroeg op te staan en ver te stap om vroeg by die skool te wees. Soggens is dit baie koud en donker. Ek dink dit was die regte besluit vir die kinders se onthalwe en ter wille van hul veiligheid.”
Christina Oldman
“Ek was self ’n onderwyser en dit is ’n goeie besluit. Dit gaan nie oor die ouers nie, dit gaan oor die kinders. Die leerlinge wat baie ver van die skole af bly, stap baie vroeg van hul huise af en word soms verkrag, of hulle word deur karre gestamp. Dit is baie koud en nie veilig om in die donker te stap nie. Van die kinders het ook nie genoeg warm klere nie en vir my is dit goed dat hulle bietjie later as gewoonlik begin.”
Bella Claassen
“Die besluit is vir my reg as ek aan die kinders se veiligheid dink, maar vir ouers is dit ’n bietjie ongemaklik en miskien ook moeilik oor etenstyd.”
Magrietha Hanse
“Dit is vir my beter as die skool ’n bietjie later begin - veral vir ons wat in nedersettings bly. Die kinders gaan baie vroeg soggens van die huis af weg terwyl dit stikdonker is. Nou kan hulle ten minste van die huis af gaan wanneer dit ligter is.”
Keisha Titus en Abigail Afrikaner
“Soggens is dit baie donker vir dié kinders wat skool toe stap. Hulle stap deur riviere en dit is nie veilig nie. Vir ouers gaan dit wel ’n bietjie moeilik wees, veral wat die oggendverkeer betref, want die meeste begin om 08:00 werk.”
Mareli Rousseau
“Ek dink dit sal beter wees vir die leerlinge. Dit is soggens baie koud en dis ook baie vroeg. Die feit dat hulle bietjie later kan begin, is beter.”
Ruben Utsile
“Dit sal perfek wees, veral vir die kinders wat van baie ver af stap - dit is gevaarlik. As hulle bietjie later begin, is dit veel beter en reg vir my.”
Elsa Reed
“Hoewel ek nie skoolgaande kinders of kleinkinders het nie, het ek gewonder hoe die oggendverkeer sal wees. Gewoonlik ry ouers vroeër, maar as die skool ’n bietjie later begin, hoe sal die oggendverkeer wees?”
Jeanette Dreyer en Wilhemina Modise
“Dit is goed, want sommige leerlinge bly baie ver en hulle loop ook in die donker skool toe. Soms is die hekke ook gesluit as hulle laat by die skool opdaag. Dan word hulle teruggestuur. As skooltye verander, sal hulle nie in die donker skool toe gaan nie en dan is hulle ten minste ook betyds vir skool.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie