Skoolvakansie verleng
Henriette Lamprecht – Die huidige skoolvakansie vir alle leerlinge van graad 0 tot graad 9 wat tot 26 Julie sou duur, is verder verleng. Die skole heropen nou op 4 Augustus vir aangesig-tot-aangesig onderrig, terwyl onderwysers op 2 Augustus weer inval.
Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, is graad 10, 11 en die Gevorderde Vlak (AS)-leerlinge tans in lyn met die huidige Covid-19-regulasies op vakansie. Dié leerlinge sou op 19 Julie vir aangesig-tot-aangesig-onderrig na skole terugkeer. Hulle sal egter nou aanlyn met klasse voortgaan van die 19de tot die 30ste Julie.
Private skole wat die Namibiese leerplan volg, moet volgens Steenkamp by die huidige veranderinge inval. Volgens haar is die ministerie bewus van private skole wat alternatiewe leerplanne en eksamenroosters volg en dit sal op 'n individuele grondslag hanteer word en soos dit betrekking op vooraf geskeduleerde evaluerings en eksamens het.
Die eksterne eksamens vir graad 11 en 12 en die AS-vlak begin op 15 November en eindig op 17 Desember, met die uitsondering van vroeë vraestelle en geleende sillabusse wat vanaf Oktober begin.
VEILIGE TERUGKEER
Steenkamp het 'n beroep op streekskantore en skoolbestuur gedoen om te verseker skole is gerat en paslik toegerus em die veilige terugkeer van leerlinge, onderwysers en personeel te verseker.
Met verwysing na die aankoop van laboratorium- en verbruikersgoedere vir skole vir die senior sekondêre fase insluitend AS-leerlinge, is geld reeds aan streke vir die aankoop hiervan versprei.
Steenkamp het gemaan die pandemie hou ernstige implikasies vir leerlinge en personeel se geestesgesondheid in en het onderwysers aangemoedig om vir berading en terapie te gaan waar nodig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie