Skoon van jou taal af wees
Sanet Pearson - ’n Taal is veronderstel om uniek te wees. ’n Taal moet uniek wees aan die mense wat dit praat en hul direkte omgewing. Die mense wat die taal praat, moet daarna streef om dit te ontwikkel en seker te maak dit stagneer nie. Daar moet altyd na nuwe, oorspronklike woorde gesoek word. Dit is nou waar die probleem lê.
Dit voel partykeer of Afrikaans en Engels so deurmekaar gepraat en geskryf word dat hulle ’n nuwe taal kan skep. Niemand praat meer suiwer Afrikaans óf Engels nie. Almal sê altyd dat Engels die taal van die toekoms is.
Ek stem so half saam, as jy nie kan Engels praat en skryf nie, dan het jy seker die stryd in die besigheidswêreld of by die meeste tersiêre instellings verloor. Miskien is ’n mixed-taal die oplossing. Ek kan nou net ’n paar mense se gesigte in my geestesoog sien. Oukei, oukei, ons sal nie verder daaroor praat nie.
Dít is ’n bespreking vir later.
Dit was maar net ’n gedagte gewees. Alle grappies op ’n stokkie! Hier by die werk ontdek ons elke dag “nuwe” Afrikaanse woorde in die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) se sesde uitgawe. Partykeer kan jy nie help om kliphard te lag nie.
Hoe kon iemand dit selfs oorweeg om dié woord in die woordeboek in te sluit? Ek weet ek is nou nie ’n Afrikaanse professor of hooggeleerde nie, maar party woorde span die kroon. Hierdie is net ’n paar woorde wat ons al teëgekom het, maar glo my, daar is nog hope van hulle in die HAT. Woorde soos yard (jaart), jacuzzi (uitgespreek ja-koe-zi), lodge, import (invoer van goedere), newwermaaind (never mind), raait (daars’s hy, reg), sharp (“Kom so eenuur.” “Sharp!”), sexy, shandy (mengsel, half om half, van bier en lemonade), shooter (skopdop), show, township, tweezer, venue en moewiese.
Wanneer jy na hierdie woorde kyk, dan kan jy dink jy is besig om deur ’n Engelse woordeboek te blaai.
Maar alles in die HAT is nie sleg nie. Daar is ook ’n ander kant van die HAT wat baie verfrissend is. In die HAT kry jy weer Afrikaanse woorde wat so beskrywend is dat jy sommer ’n glimlag op jou gesig of hoendervleis kry. Woorde soos barstensvol (baie vol), bierpens, bloedstollende, hoeka, hou-jou-bek-wet (wanneer vryheid van spraak belet word), inkoejawel (baie onbevredigend, swak), jabroer, katspoegie, liefie-diefie of liefie-liefie (as jy van soetsappige woorde hou), raaswater (alkoholiese drank wat die besopene laat raas, lawaaiwater), rinkink, rondomtalie, slaapdronk (nog duiselig van slaap), skraalhans (daar is min om te eet), skeefsiende (astigmaties – dit is my gunsteling, siende dat ek skeefsiende is), skarminkel, simpel (verspot, laf), sies, semelbroek (lomp, skaam vent), verfomfaai (ook verfonkfaai – slordig maak) en vloermoer (woedeaanval, drifbui).
Dít is mos nou beskrywende woorde. Ek dink partykeer raak mense jaloers op onse ou taal omdat ons sulke lekker woorde het om onsself mee uit te druk. Daar is soveel oorspronklike Afrikaanse woorde dat dit moeilik is om nie nóg woorde op te soek nie.
Daar is baie tale wat ’n stryd om hul bestaan voer en ek dink net om die voortbestaan van enige taal te verseker, moet daar mense wees wat opstaan en sê tot hiertoe en nie verder nie. Ons moet opstaan vir ons regte, maak nie saak wie ons is en watse taal ons praat nie. En as julle gewonder het wat die opskrif “Skoon van jou taal af wees” beteken, wel, die HAT beskryf dit as wanneer jy so verbaas is dat jy niks kan sê nie. I rest my case.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie