Skoonheid met ’n kinkel
Yolanda Nel – As jy nog altyd aan ’n skoonheidskompetisie wou deelneem, maar jy pas nie lekker by die reëls in nie, dan moet jy verder lees: Vir die eerste keer in Namibië is daar nou ’n skoonheidskompetisie met ’n verskil – jy moet júis ’n bietjie anders lyk.
As jy twee of meer tatoes het en ook graag ’n verskil in jou gemeenskap wil maak, dan is die Miss Tattoo Ink Namibia-kompetisie net vir jou.
“Dit is my manier om vir skeppende vroue ’n plek in die samelewing te skep om hul storie te vertel en om bemagtig te word,” sê Kelly Thompson, organiseerder van die skouspel.
Enige vrou ouer as 18 met twee of meer tatoes kan inskryf.
“Die vroue wat deelneem, is vroue. En vroue kom in alle vorms en groottes en ons stel belang in hoe hulle hulself en hul tatoes dra, en in hoe hulle in ’n algemene gesprek oorkom,” sê Kelly.
Volgens haar kan belangstellendes enige soort haarstyl hê, aangesien hulle wil hê die individu moet hul karakter behou.
“Dit maak nie saak of jy getroud of geskei is en of jy kinders het nie,” sê sy.
Vir inskrywings sal foto’s benodig word, wat insluit ’n kop-en-skouers foto, nabyskoot van jou gunstelingtatoe en ’n vollyfskoot.
“Geen naakfoto’s en geen erg onthullende foto’s sal aanvaar word nie. Sjoebroekies sal toegelaat word indien die deelnemer ’n tatoe op die heup het en oefendrag word toegelaat indien die tatoe op die rug of skouers is.”
“Die inskrywingsfoto’s moet smaakvol en stylvol wees,” sê sy.
Soos met alle kompetisies sal van die wenner verwag word om beskikbaar te wees vir openbare optredes, onderhoude, liefdadigheidsgeleenthede en enigiets wat van enige ander titelhouer verwag word om te doen.
“Ons wil ’n ambassadeur vir die skoonheids- en tatoebedryf hê," verduidelik sy.
Daar sal drie kategorieë wees: gemaklike drag, formele drag, en ’n kategorie waar jy jou tatoes vertoon.
Kelly het besluit om dié kompetisie op die been te bring, want daar is baie vroue wat nie hul tatoes kan wys nie.
“Tatoes gaan oor jou en dit is ’n persoonlike keuse. Elk van my tatoes is ’n herinnering aan iets en het ’n storie,” sê sy.
Inskrywings vir die kompetisie is reeds oop en sluit op 31 Augustus. Vir meer inligting, besoek die Miss Ink Tattoo Namibia Facebook-blad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie