Skoonheid van binne en buite
Gesonde eetgewoontes maak ’n groot verskil aan die voorkoms van jou vel. So moenie verder as jou yskas kyk vir ’n gloeiende gelaat nie!
Te veel suiker begin ’n inflammatoriese proses in die liggaam en dit dra nie net tot grootskaalse veroudering van jou vel by nie, maar veroorsaak pofferige vel en lusteloosheid in die kort termyn. Inflammasie speel ’n groot rol in veroudering in die algemeen en spesifiek in die manier hoe ons vel verouder. Anti-inflammatoriese kosse is onontbeerlik vir ’n gloeiende en gesonde gelaat.
Die volgende toptien-superkosse word deur www.webmd.com gelys:
Bloubessies. Hierdie liefling van gesondheidsgurus beskerm liggaamselle teen skade en verlaag inflammasie en beskerm jou teen voortydige veroudering.
Rooibessies. Frambose en aarbeie bevat ’n plantchemikalie, ellagiensuur, wat kankerwerende eienskappe bevat. Die vitamien C in bessies help om jou vel ferm en vry van plooie te hou.
Donkersjokolade. Goeie nuus is dat sjokolade as ’n super kos gereken word! Voordat jy na jou geliefkooste sjokoladestafie gryp, hou in gedagte dat die beste tipe ten minste 60 persent kakao behoort te bevat.
Neute. Neute is van die mees gebalanseerde kosse op ons planeet. Dit bevat ’n goeie dosis gesonde vette, proteïen en koolhidrate. Elke neut tipe het ’n unieke profiel van minerale, fitochemikalieë en vet.
Donkergroen groentes. Popeye was reg: Dit is moeilik om te verbeter op die voedingswaarde van broccoli, spinasie en boerekool. Spinasie is ’n goeie bron van vitamiene B, C en E, kalium, kalsium, yster, magnesium en omega 3-vetsure.
Soetpatat en oranje groentes. Soetpatat is die nuwe aartappel – dit is propvol kalsium en vitamien A. Saam met die ander oranje groentes soos wortels, botterskorsie en gewone skorsies bevat dit beduidende hoeveelhede vitamiene A, C en E asook magnesium en kalium.
Tee. Groen- en Ceylon-tee bevat goeie dosisse antioksidante en chemikalieë met vetverbrandende eienskappe.
Peulgroente. Die nederige boon is ’n wenner wanneer dit by anti-oksidante kom én dit is ’n goedkoop bron van waardevolle proteïne.
Wilde salm. Salm is een van die beste voedingsbronne van omega 3-vetsure wat help om inflammatoriese siektetoestande te beveg en jou vel soepel te hou. Dit bevat ook selenium wat help om jou vel teen sonveroudering te beskerm.
Oesters. Die sink in oesters help met selvernuwing en herstel.
Bykans elke vrug, groente en neut het ’n rol te speel in goeie gesondheid en die stryd teen ouderdom.
Vette het baie lank ’n slegte reputasie gehad, maar deesdae beveel voedingkundiges avokado-, olyf- en klapperolie vir ’n gesonde vel aan.
Verder is daar ook smaakmiddels soos borrie, knoffel en gemmer wat baie goeie vegters in die stryd teen veroudering is en wonderlike geur aan kos gee. Hippokrates was dus sy tyd ver vooruit toe hy gesê het: “Laat kos jou medisyne wees en medisyne jou kos.”
• Bron: www.drfranklipman.com; www.naturalmedicine.co.za

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie