Skoonmaakveldtog takel landswye probleem
Die informele gebiede in Windhoek word deur ’n gebrek aan basiese dienste gekniehalter wat baie Namibiërs as vanselfsprekend aanvaar.
Jana-Mari Smith – 'n Geskatte 61 ton menslike ontlasting en huishoudelike rommel word daagliks in die openbare areas in Windhoek se informele nedersettings gestort. Dié gemeenskap het verlede Saterdag aan 'n skoonmaakveldtog deelgeneem om waardigheid, gesondheid en veiligheid in hul gemeenskappe te herstel.
Dié inisiatief is die eerste van 'n reeks skoonmaakveldtogte wat vir die Samora Machel- en Moses //Garoeb-kiesafdeling beplan word. Die uiteindelike doel is om oop ontlastingvrye areas (ODF) te skep en die verwyderingstelsels vir vaste rommel te verbeter.
Openbare ontlasting is ’n landswyd probleem, met ongeveer 50% van inwoners van informele nedersettings wat nie toegang tot toilette het nie.
Informele gebiede word deur ’n gebrek aan basiese dienste gekniehalter wat baie Namibiërs as vanselfsprekend aanvaar. Dít sluit lopende water, werkende toilette, elektrisiteit en vullisverwydering in.
Dié toestande het ’n drie jaar lange hepatitis E-epidemie tot gevolg gehad waartydens duisende mense in die land geïnfekteer is en dosyne in informele nedersettings gesterf het.
Die Covid-19-pandemie het verder lig gewerp op die behoefte aan sanitasiegeriewe as ’n noodsaaklike middel om die verspreiding van die virus hok te slaan.
Tonne
Volgens die Development Workshop Namibia (DWN) se berekeninge, het minstens 84 000 stedelike huishoudings nie toegang tot toilette nie.
Gebaseer op gemiddelde huishoudelike lede, dui dit aan ongeveer 287 300 stedelike inwoners in Namibië maak van rivierlope of oop ruimtes gebruik om te ontlas.
Dit is ongeveer 143 ton menslike ontlasting wat daagliks in Namibië se openbare gebiede beland.
In die Khomasstreek het ’n geskatte 122 200 inwoners gebrekkige sanitasiegeriewe nie. Die beraming is dat daar daagliks ongeveer 61 ton ontlasting, en jaarliks 21 960 ton, of 21 miljoen kilogram, in en om Windhoek in rivierlope en ander openbare gebiede gestort word.
Openbare ontlasting hou nie net gesondheidsrisiko’s in nie, maar ook omgewingsrisiko's vir inwoners en ondergrondse waterstelsels. Verder stel dit kwesbare inwoners in gevaar van misdaad en doen afbreek aan persoonlike waardigheid.
Daarbenewens word onberekenbare hoeveelhede huishoudelike vullis in openbare gebiede gestort, waar die verwydering van vullis skaars en onbetroubaar is.
Gevaarlik
"Ons leef in baie gevaarlike toestande in informele nedersettings," het mnr. Berthold Haingura, 'n koördineerder van die Samora Machel-kiesafdeling, tydens die skoonmaakveldtog gesê.
“Die grootste uitdaging wat ons tans in die gesig staar, is die gebrek aan dienste. Die meeste mense wat hier woon, moet in die openbaar ontlas. Dít is ’n gesondheidsrisiko. Ons word ook tans benadeel deur die afwesigheid van water en elektrisiteit, sowel as die hoë misdaadsyfers.”
Hy en ander gemeenskapleiers het verlede jaar met die DWN en ander belangbebbendes kragte saamgesnoer om ’n gemeenskapsgedrewe sanitasieprogram (CLTS) te implementeer. Die doel van die program is om inwoners bewus te maak van die gesondheidsgevare verbonde aan openbare ontlasting, sowel as om goedkoop sanitasieoplossings te bied om in die gemeenskappe toe te pas.
Haingura het gesê hoewel dit "nie altyd maklik was" om hulle vir beter toestande in hul omgewing te beywer nie, ingesluit die samewerking met die Windhoek-munisipaliteit (CoW), "druk ons regtig om die lewens van inwoners te verbeter. Ons hoop om in die nabye toekoms ons doelwitte te bereik.”
Die gemeenskap wil uiteindelik in “formele” toestande leef, met toegang tot basiese dienste en 'n veiliger en gesonder omgewing, sê hy.
"Ons hoop dié inisiatief, saam met diegene wat ons help, sal ons die status verkry wat die gemeenskappe in informele nedersettings sal red."
Duisende inwoners, insluitend jong kinders, ouer mense, vroue en mans, het verlede Saterdag om 06:00 gereed gestaan om aan die werk te spring.
“Die vrywilligers is werklik toegewyd. Hulle is ’n merkwaardige span,” het hy gesê.
DWN en verskeie skenkers het die gemeenskap toegerus met duisende vullissakke wat vinniger vol geraak het as wat beplan is.
Haingura het gesê hulle bereidwilligheid om die hele dag in vuil, en soms gevaarlike gebiede deur te bring, spreek van hulle hoop vir ’n beter toekoms.
“Ons doel is om in ’n ontlastingvryegebied te woon. Ons wil hê almal moet toegang tot ’n werkende toilet hê, en nie rivierlope hoef te gebruik nie. Ons wil graag in die toekoms ook met ligte en elektrisiteit in 'n formele en veilige omgewing woon.”
Neem beheer
“Ons moedig gemeenskapslede en -leiers om aan die spits van die sanitasiesituasie te wees. As CLTS-lede lig ons ander in oor basiese higiëne, afvalbestuur, hepatitis E en hoe om dit te voorkom,” het mnr. Gotlieb Sheya Thimo van die DWN gesê.
Die DWN implementeer tans drie hoofprogramme landswyd. Dit sluit grond vir behuisingsprojekte, die sanitasie en Covid-19-noodreaksieprojekte in informele nedersettings, sowel as ’n vroeë kinderontwikkelingsprogram in.
In reaksie tot die pandemie het die organisasie met behulp van die gemeenskap reeds sedert Maart meer as 48 000 handwastoestelle (tippy taps) in informele nedersettings opgerig.
Thimo het gesê verlede Saterdag se skoonmaakveldtog was die eerste van verskeie soortgelyke inisiatiewe wat in die toekoms onderneem sal word. Dit vorm deel van die organisasie se doel om te verseker die gemeenskap neem self beheer van die situasie.
“Dit verg 'n verenigde gemeenskap om die verantwoordelikheid op te neem om hul afval self te bestuur. Dus, as elke individu in hierdie gebied nie afval in die rivierbedding gooi en dit eerder op die geïdentifiseerde afvalpunte plaas, kan die stelsel doeltreffend wees. Maar die stelsel sal net werk as die stad en die mense saamwerk om dit te bestuur.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie