Skoorsoekery by kafee lei glo tot moord
Knap speurwerk het tot die inhegtenisneming van twee jong Windhoekers op ’n klag van moord gelei.
Ronelle Rademeyer – Twee jong mans van 19 en 23 jaar verskyn vandag in die landdroshof in Windhoek in verband met die moord op die 45-jarige mnr. Samuel (Boetie) Koopman Saterdagaand in Suiderhof.
Koopman is omstreeks 19:30 deur ’n verbyganger op die sypaadjie naby Rupping Body Works in Andimba Toivo Ya Toivostraat gewaar. Hy het verskeie steekwonde aan sy lyf gehad en sy ingewande het by sy buik uitgepeul.
Die verbyganger het mnr. Sean Naudé van die nooddienstegroep Namibia Marshall Rangers gebel. Naudé, wat sê Koopman was reeds dood toe hy by die toneel aankom, het die polisie dadelik ontbied.
Koopman was van Rehoboth afkomstig en het na wat verneem word stukwerk in Windhoek gedoen.
Dit blyk die raaisel oor die moord het soos die stukke van ’n legkaart in mekaar begin pas toe die CCTV-beeldmateriaal van ’n vulstasie, die supermark Future Fresh, en ander ondernemings in die straat bestudeer is.
Dit is danksy Naudé en die oudverkeersbeampte, mnr. Frans Grobler, se speurwerk dat die verdagtes vasgetrek is.
Die twee jong mans was na bewering kort voor die moord in ’n woordewisseling met Koopman buite Future Fresh betrokke. Dit is nie bekend wie met wie skoor gesoek het nie.
Die wit Corsa-bakkie waarin hulle gery het, se roete deur Suiderhof kon na bewering gerekonstueer word danksy die beeldmateriaal van verskilllende CCTV-kameras in die omgewing.
Dit wys na bewering ook hoe die moord gepleeg word.
Facebook is ook ingespan en het gehelp om die mans in die beeldmateriaal se name te kry, vertel Naudé.
Skermgrepe van die beeldmateriaal wat as bewysstukke sal dien, is aan Republikein getoon.
Grobler het gister gesê Koopman was “skadeloos”. “Hy was ’n ou raasbek, maar het nooit baklei nie. Hy het altyd by Klingenberg Engen (se nutswinkel) kos gekoop.”
Hy sê hy het vrede in sy hart noudat die twee mans wat na bewering sy vriend vermoor het, in hegtenis geneem is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie