Skopbokser behou sy wêreldtitel in Atlanta
Die twee Namibiërs was suksesvol in Amerika en Brasilië.
Die twee Namibiese skopboksers, sensei Lesley !Hoaeb en ushidoshi Delano Müller, het puik gevaar by die drie internasionale byeenkomste waaraan hulle in die afgelope twee weke deelgeneem het.
Die twee Walvisbaaiers se oorsese toer het by die gesogte Battle of Atlanta wêreldkampioenskap in die Amerikaanse staat Georgia begin.
!Hoaeb is gekies om op die Vrydagaand se program van titelgevegte teen die Duitse taekwondo-kampioen Johannes Gottwald te staan te kom. !Hoaeb het 'n aksiebelaaide, mededingende geveg met punte verloor en sodoende die wêreldtitel afgestaan wat hy die vorige jaar verower het. Die twee is bestem om volgende jaar weer 'n herontmoeting te hê.
Delano Müller (52 kg) het sy wêreldtitelgeveg in die RCFAI-afdeling teen Oscar Solache (63 kg) gewen. Beide is swartgordelvegters wat ondanks die gewigsverskil in die ope afdeling meegeding het. In gevegte in dié kompetisie is volle kontak na die lyf gebruik, terwyl houe of skoppe na die kop nie die ontvanger se nek mag laat ruk nie (semi-kontak).
Müller het teen die Mexikaan die wêreldtitel behou wat hy ook in 2016 en 2017 gewen het. Danksy eersgenoemde prestasie was hy die land se junior sportman van die jaar.
By dieselfde Atlanta-geleentheid is die heel eerste Sport Jiu-Jitsu-toernooi deur die vegmeester Daniel Gimenez aangebied. Beide !Hoaeb en Müller het goue medaljes in hul onderskeie afdelings ingepalm. Die twee Namibiërs kon ook vir Gary Lee ontmoet – 'n 9de-vlak swartgordel in karate en bekende akteur in aksierolprente soos Sidekicks en die TV-reeks Black Belt TV.
Volgende was die afgelope naweek se twee byeenkomste in Porto Alegre, Brasilië.
Vrydagaand se Azambuja International was opnuut 'n hoogtepunt vir die twee Namibiërs wat beide hul kategorie gewen en met 'n trofee huiswaarts gekeer het.
Saterdag is die Gladiator Jiu-Jitsu internasionale kampioenskap in Porto Alegre gehou. !Hoaeb het 'n bronsmedalje teen Gabriel Delgado ingepalm, asook 'n bronsmedalje in die Absolute Kampioen-afdeling teen Vinicius Chaves Pereira. Beide sy opponente is van die gasheerland Brasilië.
Müller het 'n silwermedalje teen 'n opponent van Uruguay losgeslaan. Beide die Namibiërs is ook gekies om die Sylvio Behring internasionale span te verteenwoordig.
Müller is agterna genooi om in 2019 die Abu Dhabi Grand Slam Wêreldtoerbyeenkoms by te woon. Sy deelname sal gedeeltelik geborg wees, wat 'n groot eer vir Namibië is en wat in die gevegsport jiu-jitsu wêreldwye deure vir die land kan open.
In die finale voorbereiding op hul kompetisie in Brasilië was !Hoaeb en Müller ook bevoorreg om op uitnodiging by die Sogipa judoklub te gaan oefen. Hulle kon skouers skuur met beide Brasilië se Olimpiese spanafrigter Antônio Carlos Pereira en die land se Olimpiese judokampioen Mayra Aguiar wat aan dié klub verbonde is.
Die toer was geskiedkundig vir Namibië, omdat die land se vegters nog nooit tevore op 'n ander vasteland in Brasiliaanse jiu-jitsu gaan meeding het nie.
PLAASLIK
In skopboks is die jaarlikse Desert Storm-skouspel weer op 28-29 September by die Jan Wilken-stadion op Walvisbaai in die vooruitsig.
Die byeenkoms bied topklas gevegte met genooide skopboksers van buite die landsgrense, maar dien ook as 'n nasionale kwalifiserende toernooi vir Namibiërs.
Delano Müller sal sy Sub-Sahara titel teen twee uitdagers van Zambië en Zimbabwe op die spel plaas.
• Voor dit sal 'n span ook saamgestel word om Namibië in Brasiliaanse jiu-jitsu by die ADCC Cabo Tormentosa NOGI-byeenkoms (12 Augustus in Kaapstad), asook later by die Suid-Afrikaanse Internasionale PRO-byeenkoms (2 Desember in Johannesburg) te verteenwoordig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie