Skorpion-afdankings hierdie Donderdag
Vennootskap verleng myn se leeftyd met drie jaar en skep 450 nuwe werksgeleenthede.
Augetto Graig
Skorpion-sinkmyn se bestuur het bevestig 278 werkers sal op 30 Maart by hul mynbou-afdeling afgedank word.
Die sperdatum is uitgestel sodat daar genoeg tyd is vir die werkers om toekomsplanne te maak, is gesê.
Skorpion, wat sedert 2003 funksioneer, sou aanvanklik in 2015 toegemaak het, maar ná die internasionale sinkgroep Vedanta die myn in 2010 gekoop het, is miljoene belê om die myn se leeftyd te verleng.
Eers is dit net verleng tot die middel van dié jaar, en nou met nóg drie jaar.
Die volgende fase van die myn se leeftyd behels die uitbreiding van Skag 112, wat net moontlik is danksy 'n vennootskap met Basil Read Namibië.
Die oorspronklik Suid-Afrikaanse maatskappy sal spesialiskennis, 'n groter vloot en swaar mynboutoerusting aan die myn verskaf, sê Skorpion. Die mynbestuur waarsku dat die uitbreiding van Skag 112 tydsgebonde is, en dat daar onmiddellik daarmee begin moet word.
Volgens Skorpion se bestuur sal die afgedankte werknemers gunstige skeidingspakkette ontvang.
Dit sal glo “ver bo die minimum wat deur wetgewing vereis word” wees. Werkers sal ook voorkeur kry vir aanstellings by Basil Read Namibië.
“Van belang is dat Basil Read meer as 450 werknemers vir hul bedrywighede by Skorpion oor die volgende drie jaar sal aanstel. Hierdie werk is vir Namibiërs voorbehou en voorkeur sal gegee word aan voormalige Skorpion-werknemers,” sê die mynbestuur.
Die nuwe vennootskap sal dus 172 nuwe werksgeleenthede skep. Indien die myn sou toemaak, sou tot 1 500 werkers werkloos wees.
Skorpion se bestuur sê hulle het die afgelope paar jaar reeds werkers, die regering en die mynwerkersvakbond (MUN) ingelig oor ontwikkelings by die myn en oor moontlike werkverliese.
Vergaderings is in November laas jaar en in Januarie 2017 gehou, terwyl die vakbond en die arbeidskommissaris op 16 Januarie amptelik ingelig is oor werkverliese.
Tot dusver het 13 van die geaffekteerde werkers reeds begin met die proses om die maatskappy te verlaat. Volgens mnr. Irvinne Simataa, algemene bestuurder van die myn, is Skorpion se bestuur voortdurend in gesprek met werkers om die afdankproses te vergemaklik en om nuwe geleenthede by Basil Read te fasiliteer.
“Ons verstaan dat dit 'n tyd van onsekerheid vir die geraakte werkers is, en vir al ons werkers,” sê hy.
“Ons verseker werkers dat ons als in ons vermoë sal doen om hulle te ondersteun en om hul nuwe aanstellings by Basil Read te vergemaklik, indien hulle van dié opsie gebruik wil maak. Ons doen 'n beroep op al ons werkers, die MUN en die Rosh Pinah-gemeenskap om met ons saam te werk aan die proses en om te help verseker dat die uitbreiding van Skag 112 betyds begin. Ons vra alle belanghebbendes om na die toekoms te kyk,” sê hy.
Simataa sê Vedanta sal nog hulpbronne bestee aan eksplorasie en ontleding om die myn se leeftyd verder te verleng.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie