Skorpion-raffinadery roep halt
Die sinkmyn se toekoms word deur ongelukkige werkers bedreig.
Augetto Graig - Die Skorpion-sinkmyn se raffinadery is Vrydag vir vyf weke gesluit.
Herstelwerk wat vir later vanjaar beplan is, sal nou gedoen word.
Skorpion se woordvoerder, me. Nora Ndopu, sê die myn se bestuur werk aan die optimalisering van sy 2019-’20-sakeplan om die impak op die Put 112-projek se volhoubaarheid te verminder.
Sonder dié projek sou die myn in 2017 reeds gesluit het.
Put 112 behels ’n groot gat waaruit Skorpion erts kry om sy voortbestaan te verseker.
Herhaalde stakings, waarvan die jongste van 22 Februarie tot 6 Maart vanjaar gestrek het, het werk aan die put vertraag.
Dié stakings van werknemers van Basil Read, die mynboukontrakteur wat die put se uitbreiding behartig, is verantwoordelik vir ’n tekort aan erts om die raffinadery te onderhou, sê Ndopu.
“Alle pogings moontlik word aangewend om die impak op kliënte, die besigheid as geheel en werknemers te versag,” het sy gesê.
Dié onwettige staking was die derde onderbreking in die Skorpion-sinkmyn se werksaamhede in sewe maande.
Die myn se bestuur het Saterdag aangekondig Basil Read se werknemers is weer op hul poste.
Sowat 400 werknemers was by die staking betrokke, wat ’n impak op boor- en skietwerk, en laai- en sleepaktiwiteite gehad het.
Werknemers beweer onder meer Basil Read buit betaling vir oortyddienslewering uit, bevorder sekere werkers onregverdig, en beperk behuising en ander toelae tot werkers by die raffinadery-aanleg.
Mnr. Irvinne Simataa, die myn se hoofbestuurder, het toe gesê: “Die laaste staking het veroorsaak dat die Skorpion-sinkmyn 14 dae agter skedule is, en ons verwag dit sal ’n algehele verlies van US$22 miljoen (N$317 miljoen) vir die myn tot gevolg hê.
“Met die impak op huidige ertsvoorrade en die tyd wat nodig is om werksaamhede weer op dreef te kry, plaas dit groot stremming op die onderneming se volhoubaarheid.”
Simataa waarsku herstrukturering of die vroegtydige staking van mynbouaktiwiteite by Skorpion is moontlik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie