Skorpion se einde dreig
Die mynwerkersvakbond het ’n beroep op die president gedoen om in te gryp.
Augetto Graig - Volgens Namibië se mynwerkersvakbond (MUN) sloer die ministerie van myne en energie met die goedkeuring van die oordrag van die Skorpion-sinkmyn se lisensie, wat duisende werksgeleenthede kan bewaar.
Volgens mnr. Allen Kalumbu, die MUN se waarnemende president, is die myn se eienaars, Vedanta Zinc International, ook hiervoor te blameer omdat hy die moontlike ontwikkeling van die Gergarub-projek gebruik om die aandag van Skorpion se pleit af te lei.
Gergarub is ’n gebied van mineraalafsetting tussen die Skorpion-sinkmyn en die Rosh Pinah-myn en -dorp.
“Hulle hardloop weg van die verantwoordelikheid af deur ’n strategie van sorg en instandhouding in te stel, wat kostes sal sny en werknemers werkloos op straat sal los, terwyl stappe gedoen kan word om die situasie te beredder,” sê Kalumbu.
“Hulle moet die myn se leeftyd verleng so lank as wat dit ekonomies moontlik is sodat werksgeleenthede vir die komende jare bewaar word. Die bestuur moet verantwoordelik gehou word vir die besluit wat hulle geneem het,” sê hy.
Volgens Vedanta se webwerf verskaf Skorpion-sinkmyn verskaf sowat 1 900 mense direk van werk, en sal die myn na verwagting in 2020 ten einde loop.
Die eienaars beplan wel om die myn se raffinadery te omskep sodat sinksulfiedkonsentraat van die Gamsberg-myn in Suid-Afrika, en ook van ander myne in Namibië en Suid-Afrika, bewerk kan word.
Hiervoor word US$160 miljoen benodig.
Intussen, sê Kalumbu, het Skorpion en sy buurmyn Rosh Pinah by die ministerie aansoek gedoen om die mynlisensie aan ’n gesamentlike spesiale projekmaatskappy oor te dra.
“Goedkeuring van die lisensie-oordrag kan werkers in die komende maande moontlik van werksverliese red, maar die mynkommissaris reik doelbewus die lisensie doelbewus nie uit nie,” sê die vakbondleier.
“Die kommissaris moet dit betyds doen omdat dit werkers van onnodige werksverliese kan red,” sê hy.
Die vakbond doen ’n beroep op pres. Hage Geingob om in te tree en te verseker alle betrokke partye neem aan besprekings deel.
Volgens Kalumbu het die ministerie in Februarie onderneem om gereeld inligting oor verwikkelinge by die myn te deel, maar het dit nooit nagekom nie.
Hy sê die vakbond is bewus van minstens vier vergaderings tussen die betrokke myne se bestuur en die ministerie waarvan die ministerie geen terugvoering aan hulle gegee het nie.
“Daar kom geen inligting van die ministerie af nie. Hulle werk te stadig. As gevolg daarvan het ons nie meer tyd nie. Daar is geen rede vir die vertraging nie,” sê hy.
“Ek doen ’n beroep op die president om in te gryp en die vakbond, ministerie en die twee myne bymekaar te bring,” sê hy.
Volgens Kalumbu sal die stand van sake nou lei tot die implementering van sorg en instandhouding by Skorpion teen Desember vanjaar.
Mnr. Petersen Kambinda, voorsitter van die vakbond se Skorpion Zinc-tak, sê die eerste afleggings kan reeds in September of Oktober plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie