Skorpion: Werkers vrywillig afgelu00ea
Skorpion: Werkers vrywillig afgelu00ea

Skorpion: Werkers vrywillig afgelê

Volgens die myn is die sluiting die beste oplossing en sal instandhoudingswerk in dié tydperk aan die raffinadery gedoen word.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy - Skorpion Zinc se raffinadery by Rosh Pinah sluit van vroeg volgende maand tot die einde van Februarie 2020 en meer as 60 werkers gaan afgelê word.

Die sluiting spruit uit hellingsprobleme wat in Mei vanjaar by dié myn se Pit 112 ontstaan het, luidens ‘n verklaring van Vedanta Zinc International (VZI), eienaars van Skorpion. Beduidend minder erts is gevolglik ontgin.

Finansieel is die sluiting die beste oplossing, aldus Skorpion se verklaring. Geteikende instandhoudingswerk sal in dié tydperk aan die raffinadery gedoen word.

Skorpion se hoof van korporatiewe aangeleenthede en volhoubaarheid, me. Nora Ndopu, het gister aan Republikein gesê die myn beoog om 64 vrywillige skeidingspakkette te beding.

Tans het die myn 492 werkers wat vakbondlede is en 100 wat nie aan ‘n vakbond behoort nie.

Bestuur het reeds ‘n ooreenkoms met die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) oor vrywillige skeidingspakkette bereik. Onderhandelinge met die vakbond oor laer vergoeding van geraakte werknemers tydens die sluitings is ook gedoen. Skorpion het voorts versoek dat werkers wat nie aan MUN behoort nie, hul beskikbare verlof in dié tydperk neem.

Syfers

VZI se toewyding aan Namibië word nie deur die sluiting geraak nie, sê die maatskappy in die verklaring.

Verskeie moontlike projekte, soos Gergarub, word steeds oorweeg, sê VZI.

Volgens die Kamer van Mynwese van Namibië se jongste jaaroorsig het Skorpion Zinc in die jaar tot einde Maart 2019 ‘n wins van N$238 miljoen getoon.

Die myn het ‘n omset van meer as N$2,6 miljard gehad en N$150,6 miljoen se vaste belegging gedoen.

Skorpion se salarisrol in die jaar onder oorsig was N$343 miljoen. Sowat N$2,2 miljard is aan verkryging bestee, waarvan bykans N$1,3 miljard plaaslik was.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!