'Skort grondhervestiging tydelik op'
Grondloses versoek dat ''n datum vir die tweede nasionale grondkonferensie so gou as moontlik vasgestel word om dringende kwessies te bespreek.
Elvira Hattingh - Die regering moet die grondhervestigingsprogram opskort tot die tweede nasionale grondkonferensie homself kon uitspreek oor die nasionale grondhervormingsprogram, wat tans deur grondlose gemeenskappe as onregverdig, diskriminerend en korrup beskou word.
Terselfdertyd moet dringend vir die konferensie vir 2017 begroot word en moet ''n datum daarvoor so gou as moontlik vasgestel word.
Die aanbevelings deur die Forum vir Nie-regeringsorganisasies in Namibië (Nangof) se werkgroep oor grondhervorming, volg ná ''n reeks konsultasies met gemeenskappe in die Khomas-, Hardap- en Omahekestreek, waartydens sowat 2 500 mense opgedaag het. Die mees onlangse konsultasies het in die Khomasstreek plaasgevind en dit sal nog na die Erongo-, Otjozondjupa-, Kunene- en Oshikotostreek uitgebrei word.
Grondloses meen die huidige program beveg nie armoede nie, maar bevoordeel die elite, terwyl historiese feite geïgnoreer word, dit die gesag van tradisionele owerhede en hoofmanne misken en geen politieke wil bestaan om grond van afwesige eienaars te onteien nie.
Voorstelle is dus gemaak dat die program tydelik opgeskort word tot die volgende konferensie kan plaasvind.
ONREGVERDIGE HERVESTIGING
“Grondloses is van mening dat grondhervorming nie sonder verwysing na historiese feite asook die beleid van nasionale versoening verstaan kan word nie. Tog neem die huidige program nie verskille in historiese grondonteiening onder inheemse gemeenskappe in ag nie,” lui ''n mediaverklaring wat onlangs deur Nangof uitgereik is.
“Die nomadiese gemeenskappe in die koloniale polisiesone is die swaarste tydens die anti-koloniale oorlog deur grondverliese getref, terwyl mense in die noordelike kommunale gebiede minder hieronder gely het.
“Die regering herskryf egter hierdie historiese realiteite deur alle Namibiërs te hervestig. Die regering hervestig mense uit streke wat nie grond op ''n groot skaal verloor het nie, ten koste van nabygeleë inwoners.
“Toe ''n ooreenkoms tydens die eerste nasionale grondkonferensie bereik is dat geen voorvaderlike grondeise gemaak sal word nie, het grondloses die regering vertrou dat hervestiging geprioritiseer sal word vir dié wat grond tydens die vryheidstryd verloor het. Hierdie vertroue is verbreek,” sê Nangof oor die persepsies van grondloses.
Grondloses meen die Nama-Ovaherero-volksmoord moet ook deel van onderhandelinge uitmaak en dat armoede in die twee suidelike streke van die land met grondloosheid verbind kan word.
“Dié mense voel of hulle sistematies van grondtoekennings uitgesluit word.”
DESENTRALISEER HERVESTIGING
Grondloses stel dus voor dat hervestiging gedesentraliseer moet word sodat elke streek sy eie inwoners kan hervestig en dat die huidige komitees vir hervestiging deur verteenwoordigende komitees vervang moet word.
Verder word voorgestel dat die rol van tradisionale owerhede heroorweeg moet word en dat die redes ondersoek moet word waarom die ministerie van grondhervorming afstand doen van so baie plase wat vir die staat te koop aangebied word.
Verder moet ondersoeke begin wat onderbenutte plase identifiseer wat vir dringende onteiening geprioritiseer moet word.
Boere in kommunale gebiede het ook aangedui hulle voel die regering ignoreer hul aansoeke om hervestiging, terwyl die regering min betekenisvolle steun vir die ontwikkeling van kommunale gebiede bied – veral in die suide van die land.
“Hervestigde boere ontvang grond en steun ná hervestiging, terwyl ons in kommunale gebiede geen bykomende grond het nie en nie steun ontvang om ons produktiwiteit te verbeter nie,” het kommunale boere gesê.
Terselfdertyd is voorgestel dat die regering in die groot dele ongebruikte grond in kommunale gebiede belê, deur infrastruktuur soos water, drade en paaie te ontwikkel, wat dan deur kommunale boere benut kan word.
Verder is gevra dat daar dringend na bosindringing gekyk moet word en dat daar na die lot van plaaswerkers omgesien moet word, wat reeds vir geslagte lank op plase woon wat vir hervestiging opgekoop word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie