Skote klap in transito-roofpoging
Skote klap in transito-roofpoging

Skote klap in transito-roofpoging

Misdaad
Kristien Kruger
Twee mans in ’n sekuriteitsmaatskappy se transitovoertuig is Vrydag sowat 20 kilometer buite Mariental, in Maltahöhe se rigting, deur ’n persoon met ’n onbekende motor langs die pad laat stilhou.
“Omtrent ses mans het toe skielik uit die bosse verskyn en op die voertuig begin skiet. Die drywer wat hulle gestop het, het in sy motor geklim en saam met drie van die oortreders weggery.
“Die twee mans het begin terugskiet en die oorblywende drie oortreders het te voet gevlug,” lui die Namibiese polisie se misdaadverslag.
’n Ander motor het glo die drie mans opgetel. Die drywer van dié motor is deur die sekuriteitsmanne gevang, maar die ander mans het glo weggehardloop.
Volgens die verslag is niks gesteel nie; net die voertuig is beskadig. Die polisie se ondersoek duur voort.
(Foto ter illustrasie)

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!