Skou al vir 65 jaar déél van Windhoek

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Lank voor baie van Windhoek se inwoners die lewenslig aanskou het, was die Windhoek Nywerheid- en Landbouskou (WIAS) al so deel van die hoofstad as die Christuskirche, Tintenpalast of die Alte Feste.

Windhoek sal nie Windhoek wees sonder sy jaarlikse skou nie. Baie gesoute Windhoekers glo ook skoutyd moet die eerste bui reën van die nuwe seisoen uitsak.

Vanjaar se skou is van nege tot net ses dae verkort, en Windhoekers kan nog tot Saterdagaand die uitstallings besoek.

Al die veebeoordelings word egter vandag afgehandel, en om 16:30 vind die veeparade en prysuitdeling plaas. Die Kampioen van Kampioene sal dan onder meer gekroon word.

Die hekke open gedurende die week om 11:00, maar Saterdag kan besoekers al van 10:00 die skou besoek. Toegangsgeld beloop N$40 vir volwassenes en N$20 vir skoliere. Bejaardes en voorskoolse kinders kan dit gratis bywoon.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!