Skou mik vanjaar hoog
Met die Keetmanshoop Skou wat vanjaar sy diamantherdenking vier, woeker organiseerders nou al om die geleentheid een te maak om te onthou.
Die skou vind vanaf 2 tot 5 September plaas en die tema is “6 Decades of Southern Prosperity”.
Volgens me. Karien Marais, visepresident van die skoukomitee, probeer hulle hierdie jaar om die skou meer uniek te maak.
Sy sê die gewilde Extravaganza sal op 1 September plaasvind wanneer die skoukoningin gekroon word. Die aktrise Angelique Gerber sal die aand die seremoniemeester wees en die sanger Ricus Nel sal die voete laat stamp. Op Donderdag, 3 September, word Mej. Tiener gekroon, met Karen Ferreira wat sal optree.
Marais het gesê die kunstenaars wat vanjaar optree, sluit in die Suid-Afrikaanse sangers Wynand Strydom en sy vrou, Chereé, die musiekmaker Viljoen Retief, die gewilde Kokkedoor LeRoux van Vuuren en Heinz Winkler. Winkler is die hoofkunstenaar tydens die optrede Vrydagaand.
Soos in die verledeb gaan daar die Saterdagaand groot makietie gehou word, met bekende Namibiese sangers wat gaan optree.
Vir die jongklomp beloof die mallemeule weer ure se pret.
Vanjaar word twee skoudanse ook aangebied, waarvan een by die Primêre Skool St. Matthias sal plaasvind en waar die Basson-broers van Rehoboth sal optree, terwyl die ander dans by Schutzenhaus aangebied word met die groep Rhapsody van Springbok wat musiek gaan maak. Beide danse vind op 28 Augustus, die Vrydag voor die skou, plaas.
Ná die sukses van die jeugskou, sal dit vanjaar weer aangebied word. By dié skou sal kinders touwys gemaak word in die hantering van diere. Mnr. Hannes Lotz, wat voorheen die kinders afgerig het, sal in Mei die kinders oplei en dan sal hy in September ? span uit die Kaap bring om teen dié kinders te kompeteer.
Baie stalletjies is reeds bespreek, maar daar is nog beskikbaar. Belangstellendes kan met mnr. Charles Josob by 081 424 5463 in verbinding tree.
Intussen word daar gewoel en gewerskaf met die opgradering van die skousale en is daar ook nog ’n saal in aanbou om meer uitstalruimte te skep.
Die Friesperd Kampioenskappe is weer ’n hoogtepunt en belangstellendes kan me. Tobia Kruger hieroor by 081 127 8160 kontak .
'n Ander hoogtepunt vir die landbouers, is die Boerbokke se streekkampioenskap en ’n baie groot skouveiling word ook beplan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie