Skouer aan die wiel teen armoede
Skouer aan die wiel teen armoede

Skouer aan die wiel teen armoede

Bouwerk begin op Otavi
Gerine Hoff
Verteenwoordigers van Ohorongo Cement, die FNB-stigting en die Pupkewitz-stigting het kragte met die Shack Dwellers Federation (SDFN) en gemeenskapslede saamgesnoer toe die oprigting van huise vir lae inkomste gesinne verlede week op Otavi begin het.
Sedert die bekendstelling van hierdie openbare-private vennootskap vroeër vanjaar, was die vooruitgang op die bouterrein op Otavi duidelik met uitgrawings, bakstene wat gemaak is en die eerste fondament wat op 16 Julie gegooi is.
“Die toenemende aanvraag na laekoste behuising in Namibië het ’n krisispunt bereik en vereis dringend bystand, nie net van die regering nie, maar ook van die private sektor en elke Namibiese burger,” het mnr. Hans-Wilhelm Schütte, die besturende direkteur van Ohorongo Cement, gesê.
“Empatie vir ons medeburgers en die ondersteuning van regeringsinisiatiewe is een van die faktore wat die drie maatskappye genoop het om hande te vat in die stryd teen die uitwissing van armoede, wat ons doen deur die SDFN te ondersteun,” het hy gesê.
Op haar beurt het me. Angelique Peake namens die FNB-stigting gesê die bank gee nie net vir mense om nie, maar ook vir die omgewing. “Vennootskappe wat ons kan help om ’n beter wêreld te skep deur wins te gebruik om ons gemeenskappe te ondersteun, strook met die stigting se strategieë,” het sy gesê.
“In plaas daarvan om onafhanklike inisiatiewe te bestuur, het die drie private vennote besluit om met ’n betroubare organisasie soos die SDFN te werk, wat duidelik ’n wenresep het wanneer dit hul uitslae raak,” het mnr. Angelo Helmut van die Pupkewitz-stigting gesê.
Die burgemeester van Otavi, me. Martha Shipanga, het die gemeenskap aangemoedig om hand by te sit met die bou van die huise. “Julle kinders kan ook help. Al het hulle nie geld nie, het hulle hande,” het sy gesê.
“’n Belangrike deel van ons sukses is om van mekaar te leer en om kennis en ervaring oor te dra,” het mnr. Heinrich Amushila van die SDFN gesê. “Dit is een van die grootste kenmerke om kapasiteit te bou, wat een van die sleutelelemente van ons organisasie se sukses is.”
Hy het gesê sedert die bekendstelling van die inisiatief vroeër vanjaar, het hulle baie navrae ontvang oor hoe die federasie ondersteun kan word, en hoe mense kan aansluit om armoede en die behuisingsnood te beveg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!