Skouer is weer piekfyn, sê Seidler

Die Swakopmunder was Sondag die uitblinker oor die Oanobdam se nuut veranderde swemroete.
Andrew Poolman
Namibië se hoopvolle Olimpiese kandidaat, Phillip Seidler, het Sondagoggend nie sy gelyke gehad in die Pointbreak oopwaterswembyeenkoms by die Oanobdam nie.

Die bedrewe Swakopmunder het die hoogte bo seespieël aangedurf en het sowel die 2.1 kilometer as die vyf kilometer resies vir mans gewen.

“Ek is baie dankbaar dat my skouer weer honderd persent is ná vele behandelingsessies deur my fisioterapeur Suzelle Pronk en ure van rehabilitasie met Conrad Wagner,” het Seidler agterna gesê.

Hy was ook vol lof vir die oefenprogram van die bekende afrigter Janis Stergiadis en laasgenoemde se geloof in sy vermoëns.

Seidler streef om vanjaar die eerste Namibiër te word wat in die 10 km oopwaterswem vir die Olimpiese Spele in Tokio, Japan, kwalifiseer.

By die vroue was Nicole Redecker die wenner oor 5 km en Heleni Stergiadis die vinnigste oor 2.1 km.

Die organiseerders het vanjaar die 5 km “avontuurswem” bekend gestel, wat heelwat positiewe terugvoering ontlok het. Dié item het aan die verre noordwestekant van die dam weggespring, waar die Oanobrivier in die dam vloei.

“Padlangs kos dit 'n halfuur se ry met 'n voertuig met 'n hoë onderstel om dié punt te bereik. Ons het bote gereël om die swemmers by die beginpunt te gaan aflaai. Swemmers moes self die roete navigeer en is toegelaat om op vaartuie vir ondersteuning met hidrasie, voeding en navigasie staat te maak,” sê me. Yvonne Brinkmann van OTB Sport, die organiseerders.

Vanweë Covid-19 is geen prysuitdeling agterna gehou nie.

Sondag se voorste uitslae:



VYF KILOMETER

Vroue onder 30 jaar: 1 Nicole Redecker 1:24:23.

Vroue 30-49 jaar: 1 Ilona Sickel 1:26:23. 2 Imme Hucke McFarlane 1:39:10. 3 Allison Fourie 1:50:50. 4 Julia Janse van Rensburg 2:07:08.

Vroue 50 jaar en ouer: 1 Mary Fitzpatrick 1:44:23. 2 Antje Tietz 1:48:29. 3 Marion Himmel 2:50:33.

Mans onder 30 jaar: 1 Phillip Seidler 1:00:47.

Mans 30-49 jaar: 1 Peter Brinkmann 1:25:43. 2 Andrew Rowles 1:28.04. 3 Jan Louis Mostert 1:30:10. 4 Leodolf Swanepoel 1:34:39. 5 Bruce Salt 1:38:21.

Mans 50 jaar en ouer: 1 Mark Brinkmann 1:25:46. 2 Paddy Murphy 1:30:04. 3 Neil Clarke 1:44:28.



2.1 KILOMETER

Meisies onder 15: 1 Michaela Ohm 33:41. 2 Maja Brinkmann 35:10. 3 Brynne Kinnaird 35:13.

Vroue onder 30: 1 Heleni Stergiadis 30:09. 2 Tiana Esslinger 33:07. 3 Maya Stange 33:38. 4 Vicky Botha 34:34. 5 Lisa Engelhard 35:26.

Vroue 30-49 jaar: 1 Benita Kasch 37:13. 2 Ilona Sickel 37:38. 3 Lena Brinkmann 41:55. 4 Jana Kehrmann 44:55.

Vroue 50 jaar en ouer: 1 Elga Drews 42:18. 2 Monica Ochse 42:49. 3 Glenda Bosch 46:31. 5 Elke Jagau 52:58.

Seuns onder 15: 1 Oliver Durand 31:06. 2 Liam Kinnaird 33:44. 3 Fourie Steyn 35:22. 4 Daniel Lasso. 5 Jedidiah Becker 40:35.

Mans onder 30 jaar: 1 Phillip Seidler 25:49. 2 Nico Esslinger 30:02. 3. Arkell Wellmann 30:06. 4 Mikah Burger 31:14. 5 Matthew Gertze 33:21.

Mans 30-49 jaar: 1 Peter Brinkmann 32:48. 2 Andrew Rowles 33:54. 3 Mark Spath 35:48. 4 Thorsten Horn 42:03, 5 Michiel Greeff 45:24.

Mans 50 jaar en ouer: 1 Mark Brinkmann 33:16. 2 Jean Marais 33:53. 3 Johan Bekker 41:00. 4 Gabor Salamon 41:11. 5 Carl Brinkmann 41:22.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!