Skouspel by Victoria-valle

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Op 27 Maart het ‘n enorme 3,890 m³ water per sekonde by die Victoria-valle afgestort. Dit is 54% meer as die langtermyngemiddeld van 2,522 m³, sê die Zambezirivier-owerhede in ‘n persverklaring.

Terselfdertyd is dit heelwat meer as in begin-Januarie, toe die Zambezirivier 349 m³ water per sekonde na die valle geneem het.
Verlede jaar dieselfde tyd het die water teen 800 m³/s by die valle afgestort.

Die Kariba-meer ontvang ook tans baie van die water en sy vlak het met 97 cm tussen 1 Januarie en 27 Maart gestyg. Tans staan dit op 477,64 m. Dit beteken die meer, met ‘n kapasiteit van sowat 9,63 miljard kubieke meter, is 14,86% vol, het die Zambezirivier-owerhede se uitvoerende hoof, mnr. Munyaradzi Munodawafa gesê.

Intussen het Namibië se hidrologiese dienste in die jongste vloedbulletin aangedui dat die Zambezirivier by Katima Mulilo steeds 6,63 m diep vloei – bonormaal vir die tyd van die jaar.

Alhoewel dit laer is as dae vantevore is, sal die rivier na verwagting styg omdat meer vloedwater besig is om vanuit die rivier se boonste opvangsgebied by Chavuma, Lukulu, Mongu en Senanga te vloei.

“Die oostelike vloedvlaktes van die Zambezirivier is besig om vinnig op te vul terwyl daar ‘n sterk terugvloei van water na die Ngoma-brug en die Liambezi-meer is,” lui die verslag.

‘n Waarskuwing teen vloede is ook uitgereik aan persone wat in die rivier se vloedvlaktes woon.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!