u2018Skrap alle reisbeperkings vir ingeu00ebntesu2019
u2018Skrap alle reisbeperkings vir ingeu00ebntesu2019

‘Skrap alle reisbeperkings vir ingeëntes’

Die verspreiding van Omicron is nié deur reisbeperkings in Europa verhoed nie. Daarom sê die lugvervoerbedryf dit moet geskrap word.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer

Die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) en Internasionale Lughawensraad in Europa (ACI Europe) het ’n beroep op Europese regerings gedoen om alle reisbeperkings te skrap vir mense wat volledig ingeënt is of van Covid-19 herstel het.

Dit moet nie net binne Europa geld nie, maar ook vir reisigers wat van elders in die wêreld daarheen vlieg.

Dié beroep volg nadat die raad van die Europese Unie op 25 Januarie ’n voorstel vir vir reise tussen lande in dié gebied wat geskoei is op die gesondheidstatus van reisigers en nie die epidemiologiese situasie in die lande waarvandaan hulle kom nie.

Suid-Afrika, Namibië en die ander buurlande was einde November verlede jaar eensklaps die muishond van die wêreld toe die Omicron-variant in Suid-Afrika geïdentifiseer is.

Besprekings van miljoene Namibiese dollar is gekanselleer toe eers Brittanje, gevolg deur ander lande, streng reisbeperkings vir mense uit Suider-Afrika ingestel het.

Buitelandse toeriste moes besprekings kanselleer en Namibiërs moes ook hulle oorsese reisplanne verander toe die een na die ander land se deure toegeklap het.

“Onafhanklike studies wat in Finland en Italië bevestig die geldigheid van die reisiger-gesentreerde benadering. Dit toon die ondoeltreffendheid van die onlangse reisbeperkings wat Europese lande ingestel het om die risiko’s wat Covid-19 vir openbare gesondheid en die samelewing inhou, te beperk,” sê Iata in ’n verklaring.

“Dié navorsing wys die reisbeperkings in die EU het weinig of geen impak gehad op die verspreiding van Omicron nie.”

Iata sê ontledings deur Oxera en Edge Health in onderskeidelik Italië en Finland toon die reisbeperkings wat deur die twee lande op alle inkomende besoekers ingestel is, het “geen onderskeibare verskil” gemaak aan die Omicron-gevalle in daardie lande nie.

“Inteendeel, die impak van hierdie beperkings, en veral die beperkings op die vrye beweging van mense, het aansienlike en onnodige ekonomiese swaarkry tot gevolg gehad – nie net vir die reis- en toerismesektore en hul arbeidsmag nie, maar vir die hele Europese ekonomie,” sê Iata.

Iata wys daarop om hierdie beperkings vroeër in te gestel het – dit wil sê op dieselfde dag dat die Omicron-variant deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as ’n probleem geïdentifiseer is – sou nie die verspreiding daarvan in Italië en Finland gekeer of aansienlik beperk het nie. “Die rede daarvoor is dat variante sirkuleer lank voordat hulle geïdentifiseer word, wat die rede is waarom beide die WHO en ECDC (Europese Sentrum vir Siektebeheer) oor die algemeen reisbeperkings as ondoeltreffend beskou.”

Olivier Jankovec, direkteur-generaal van ACI Europe, sê dit help nie om ’n gemeenskaplike EU-reisbeleid te hê, maar die individuele lande volg dit nie en stel hulle eie reisbeperkings in.

“Dit moet stop. Ons het nou verdere bewyse reisbeperkings hét 'n beduidende uitwerking. Dit is weliswaar nie op openbare gesondheid nie, dit is op ekonomiese stabiliteit en lewensbestaan. Kortom: hulle veroorsaak meer skade as goed,” sê hy. –[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.63 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.33 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 625.55/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.44/lb UP +2.76% | Zinc US$ 2 984.50/T UP 3.2% | Brent Crude Oil US$ 75.50/BBP UP +1.51% | Platinum US$ 970.47/OZ UP +1.30% #REF!