Skrif aan die muur vir landbou-SOE
Ogone Tlhage – ‘n Finale besluit is nog nie geneem om die Landbousake-ontwikkelingsagentskap (AgriBusDev) te ontbind nie, het mnr. Percy Misika, uitvoerende direkteur van landbou, water en grondhervorming, die naweek gesê.
Mnr. Leon Jooste, minister van openbare ondernemings, het wel bevestig dat die kabinetskomitee oor die tesourie ‘n besluit oor die sluiting van die sukkelende staatsonderneming moet neem. “Ek sal eers kan reageer wanneer daardie proses afgehandel is,” het hy gesê.
“Die media sal ingelig word,” het Misika Sondag gesê. “Dit is tans interne konsultasies.”
Ontevrede werknemers van AgriBusDev eis in ‘n klagskrif openbare ingryping, asook dat die direksie die lug oor hul toekoms suiwer.
Personeel sal glo op die betaalstaat van die ministerie van landbou oorgeplaas word, maar persone in bestuursposte voer aan hulle sal in die staatsdiens 40% tot 50% minder verdien.
Van hulle is glo Donderdag tydens ‘n Zoom-vergadering met die ministerie oor die onderneming se ontbinding ingelig, maar kon geen vrae stel nie. Vrydag het die waarnemende besturende direkteur, me. Berfine Antindi, ‘n formele aankondiging in die verband gedoen. Hierin is geen datum vir die sluiting vermeld nie.
Klaers beweer sekere werknemers is Donderdag ingelig dat hul van werkgewer moet verander. “’Neem jy die werk of nie?’” is glo telefonies aan mense gesê. “’Ja of nee?’”
Aan sommige is glo bloot poste in die ministerie toegeken, sonder om hulle te skakel.
Werknemers is bekommerd dat wetlik voorgeskrewe afleggingsprosedures nie uit die staanspoor gevolg is nie.
AgriBusDev kon in Januarie nie sy personeel betaal nie en ‘n interne ondersoek is gelas nadat die voormalige hoofbestuurder, mnr. Petrus Uugwanga, in September verlede jaar in verdagte omstandighede sy eie lewe geneem het. In April het NamPower groenskemas se krag weens wanbetaling gesny.
Volgens werkers se klagskrif is die meeste diensverskaffers van AgriBusDev glad nie sedert Uugwanga se dood betaal nie.
In 2017 was sowat 500 mense volgens AgriBusDev se jaarverslag permanent in diens by die land se groenskemas. Byna 4 000 bykomende mense is tydelik in diens geneem in dieselfde boekjaar.
Werkers by groenskemas wat reeds in diens van die ministerie is, se diensvoorwaardes sal glo onveranderd bly. Net mense op hoofkantoor en by die Landboutegnologiesentrum op Rundu, die ATC, is blykbaar in diens van AgriBusDev.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie