Skrif aan die muur vir tablette
Skrif aan die muur vir tablette

Skrif aan die muur vir tablette

Niel Joubert - Slimfone verkoop steeds soos soetkoek in Suid-Afrika, terwyl die vraag na tablette taan.

Die mark vir tablette het in die eerste helfte van 2017 met sowat 40% geval, volgens data van marknavorsingsfirma GfK South Africa. Daarteenoor het die verkope van slimfone met 17% toegeneem oor dieselfde tydperk.

GfK sê die verkope van mobiele fone het oor die eerste helfte van die jaar met 23% verminder vergeleke met die ooreenstemmende tydperk ’n jaar gelede.

Die verkope van slimfone maak sowat 64% uit van die verkope van alle mobiele fone, terwyl “gewone” selfone 38% van verkope verteenwoordig. In 2016 was die verhouding 58% slimfone en 42% selfone.

In die eerste helfte van die jaar het die verkope van skootrekenaars nie gegroei nie en is 295 000 eenhede verkoop. Dit volg op die 20%-daling in 2016.

Die verkope van tablette het van 862 000 eenhede in die eerste helfte van 2016 tot 540 000 in 2017 getuimel.

Nicolet Pienaar, bestuurder van inligtingstegnologie en telekommunikasie van GfK in Suid-Afrika, sê ten spyte van die swak ekonomiese toestande en duurder pryse, groei die mark vir slimfone steeds namate mense migreer van gewone selfone na slimfone.

Die daling in die verkope van tablette is omdat dit as sekondêre toestelle beskou word.

“Die gevolg is dat hierdie kategorie die druk ervaar van ’n swak ekonomie, meer so as mobiele rekenaars en slimfone, wat baie verbruikers as noodsaaklikhede beskou.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!