Skryf dit in jou dagboek

Yandi Du Plessis
ELKE WEEK

*Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr Kenneth Kaundastraat aangebied.

*Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Dit kos N$80 vir volwassenes en sluit 2 stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Toegang vir kinders onder 6 is halfprys. Vir meer inligting, kontak 061 233 645. Besprekings is noodsaaklik vir groepe groter as 7.

NOU AAN DIE GANG

*The Phoenix Project – ’n gesamentlike projek tussen die Universiteit van Namibië (Unam) en die Cardiff Universiteit, bied tot 28 Februarie die uitstalling Covid-19 Community Perspectives in Stitch in die voorportaal van die biblioteek op die hoofkampus aan.

*Proverbs and Parables, ’n solo-uitstalling deur Edward Mukoya Junior, kan tot 5 Maart by die Nasionale Galery (NAGN) besigtig word.

*A State of Contentment, ’n foto-uitstalling deur Geena Visagie, word tot 9 Maart by Café Prestige by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) uitgestal.

MôRE

*Die Getroud met Rugby-paartjie Christel van den Bergh en David Louw voer hul komedie-verhoogstuk Trou is nie perdekoop nie om 19:30 by Namib Primary School in Swakopmund op. Kaartjies is teen N$150 via Quicket.co.za beskikbaar.

*Sluit om 18:30 by die FNCC aan vir ’n “lewendige skildery”-uitstalling getiteld Den of Synesthetes deur Nambowa Malua, in samewerking met Tapz en Chirau. Toegang is gratis.

19 FEBRUARIE

*Die Windhoek Harriers Captain’s Run (15 km & 30 km) begin om 05:30 by die DTS-sportklub en loop langs die Kupferberg-pad. Die inskrywingsfooi is N$100. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na [email protected].

*Wêreld-ietermagôdag word by Eagles (Avisdam) gevier en begin met ’n pretdraf (kaartjies kos tussen N$50 en N$100), óf sluit slegs by die geleentheid aan vir tussen N$30 en N$50. Die mark en musiek is daar tot 17:00. Kaartjies is beskikbaar via webtickets.com.na.

22 FEBRUARIE

*DEFINITION: Art bied ’n filosofie- en poësie-aand aan. Namibiese digters word gekies om op te tree, terwyl sommige van die intellektueles, wyses en leke die filosofiese onderwerp “Solipsisme” bespreek. Die geleentheid vind van 18:30 tot 21:00 by The Village Opera House plaas. Kaartjies is teen N$20 by die deur beskikbaar.

23 FEBRUARIE

*Die Suid-Afrikaanse sanger Brendan Peyper tree om 18:30 by die Wanderers-saal in Windhoek op. Kaartjies kos tussen N$300 en N$500 op webtickets.com.na.

*Die Wetenskaplike Vereniging bied die tweede deel van ’n paneelbespreking aan oor kwessies, uitdagings en geleenthede verbonde aan die ontwikkeling van groen waterstof in Namibië – met kenners wat finansiële implikasies, energie- en infrastruktuurkwessies en regsvereistes sal bespreek. Die sessie begin om 19:00.

25 FEBRUARIE

*Die Bank Windhoek Hartstigting bied ’n geldinsamelingsgeleentheid by die Windhoek-buitekluboord aan met prof. Pamela Naidoo, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Hartstigting, as gasspreker. Kaartjies begin by N$350 vir individue, tot N$5 000 vir ’n tafel van tien vir maatskappye. Vir meer inligting en kaartjies, kontak [email protected]. Die geleentheid begin om 08:30.

*Die Kamikaze Iron Man-prettoernooi begin om 18:00 by die DTS-sportgronde in Windhoek en hervat die volgende dag vanaf 09:00.

26 FEBRUARIE

*’n Kattebak-uitverkoping (slegs klere) vind vanaf 08:00 tot 11:00 by Joe’s Beerhouse plaas. Registreer by [email protected].

*Die Elisenheim-pretdag begin om 09:00 by die Urban Village. Wouter de Bruyn verskaf die vermaak en dit begin om 16:00.

*Future Females Windhoek kom om 09:30 by die Wine Bar bymekaar om strategiebeplanning en besluitneming met twee doelgerigte entrepreneurs te bespreek, terwyl FF hul derde verjaardag vier. Die tema is Dressed for success. Kaartjies is teen N$230 via webtickets.com.na en by Pick n Pay-winkels beskikbaar.

*Die derde Armae-potjiekoskompetisie begin om 12:00 by dié bestemming aan die buitewyke van Okahandja, met vermaak deur Werner van Zyl. Toegang vir die potjiekompetisie is N$200 per span. Vir meer inligting, kontak Andries by 081 150 2626 of Lu-Mae by 081 315 7197.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!