Skryf in vir Midgard se bulte
Skryf in vir Midgard se bulte

Skryf in vir Midgard se bulte

Veldresies
Die vyfde weergawe van die Windhoek Light Wild Run word komende Sondag in samewerking met Standard Bank en OTB Sport by die Midgard Country Estate aangebied.

Deelnemers het 'n keuse tussen 'n 8 km of 16 km roete in die skilderagtige en ruwe berge waar die Swakopmundrivier sy oorsprong het.

Organiseerders verwag dat ongeveer 300 mense die roete tussen die wildebeeste, kameelperde, rooibokke, koedoes en ander wildsoorte sal aanpak.

Die meeste mense kom gewoonlik vir 'n dagbesoek, maar dit is ewe gewild om vir die naweek te bly en ook die oord se ander aktiwiteite soos bergfietsry of kegelbal te geniet.

Die byeenkoms is by die Standard Bank X-Trail reeks gevoeg as die derde in die Winterreeks. Die veldresiese is baie gewild, want al wat jy nodig het, is 'n stewige paar skoene en jy kan een van daardie uitdagings ontdek waar atlete hulself harder druk terwyl hulle die skoonheid en wonders van die Skepping geniet.

In sulke veldresiese is deelnemers gewoonlik op hulself aangewese vir hidrasie en voeding, maar aangesien die sport relatief nuut in Namibië is en OTB Sport dit wil laat groei en jongmense aanmoedig, word een watertafel op elke roete beman. Die watertafels word geborg deur OCNAM (Arbeidsterapie Namibië) en sal welkome verligting vir deelnemers ná 'n harde klim en suiwer fisieke inspanning bring.

Die 16 km is 'n heuwelagtige, moeiliker roete wat deur enigiemand jonk van gees gedoen kan word wat vir 'n uitdaging kans sien, maar belangriker, wat dit geniet om in die natuur te stap of hardloop.

Sindano Nekundi van Standard Bank sê: “Standard Bank beskou sy vennootskap met Windhoek Light Lager vir die Midgard X-Trail as baie positief in die bou van die kultuur van die sport in Namibië.

“Ons kan OTB Sport se vernuftige organisering van die byeenkoms aanbeveel. Ons is dankbaar vir al die volwassenes en jeugdiges wie se deelname die afgelope twee byeenkomste suksesvol gemaak het.

“Ons is seker dat die Windhoek Light Wild Trail by Midgard ewe genotvol en opwindend sal wees. Ons sien uit om almal weer daar te sien.”

Die 8 km groep begin om 08:30 en die 16 km om 09:00. Ná jou roete sal koue bier geniet kan word en kan jy 'n burger vir middagete bou.

Deelnemers wat beplan om te oornag of vir die naweek bly, moet direk met die Midgard Country Estate skakel en vra vir Kustaa (tel. 062 503 888) of stuur e-pos na [email protected]

Vir aanlyn inskrywings en inligting oor die resies, besoek www.otbsport.com. Aanlyn inskrywings sluit vandag om 12:00. 'n Beperkte getal laat in­skrywings kan môre tussen 12:00 en 14:00 by OTB Wernhil gedoen word. Vir verdere inligting, kan gerus aan [email protected] geskryf word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!