Skryf in vir Verantwoordelike Toerisme-toekennings
Namibia Media Holdings (NMH) nooi rolspelers in die toerismebedryf uit om in te skryf vir 2017 se Verantwoordelike Toerisme-toekennings.
Die wenners van hierdie prestige toekennings sal uit twee kategorieë gekies word, naamlik verblyf en toeroperateurs (karverhuringsmaatskappye en busse ingesluit) en met groot pryse by die Namibië Toerisme Ekspo wegstap wat vanaf 17 tot 21 Mei 2017 sal plaasvind .
Die wenners van 2016 in die kategorie verblyf was Nkasa Lupala Tented Lodge, Wolwedans Boulders Camp en Gondwana se Etosha Safari Camp en in die kategorie toeroperateurs Sense of Africa (Tourvest), Ultimate Safaris en Pack Safari. Die wenners is tydens die Namibië Toerisme Ekspo aangekondig.
Daar sal drie wenners in elke kategorie wees met pryse in redaksionele inhoud en advertensies soos volg: Eerste prys N$250 000, tweede prys N$150 000 en derde prys N$100 000.
Die eerste voorwaarde is dat alle inskrywings by die Namibië Toerismeraad (NTB) as ’n individuele entiteit geregistreer is. Daar moet ook ten minste ses inskrywings in elke kategorie wees. Elke entiteit moet bewyse van uitstekende prestasies toon, gemeet aan die beginsels van volhoubare toerisme.
Die kriteria sluit in volhoubare bestuur, natuurlike hulpbronne, afval-hantering, geboue en landskap, personeel, veiligheid en wetlike bestuur en maatskaplike verantwoordelikheid gerig op armoede-uitwissing.
Deelnemers moet bewys dat hulle ten minste vier Eco-blomme verwerf het ná ’n suksesvolle assessering deur Eco Awards Namibia. Andersins moet gereël word dat ’n Eco Awards-evaluering teen middel September voltooi is. Vir meer inligting rakende die Eco Awards-evaluering, kontak me. Hazel Milne, programkoördineerder by Eco Awards Namibia, by admin@ecoawards-namibia.org
Finaliste in elke kategorie sal dan gekies word vir ’n deegliker evaluering waar die kriteria die bewustheid van veilige vervoer sal insluit wat die tema vir die Toerisme Ekspo van 2017 sal wees.
Die sluitingsdatum vir die toekennings vir verblyf is 30 September en vir toeroperateurs 31 Oktober. Beoordeling van inskrwyings vind tot Februarie 2017 plaas. Die drie finaliste in elke kategorie sal in Februarie of Maart 2017 aangekondig word. Die wenner in elke kategorie sal by die Namibië Toerisme Ekspo aangekondig word.
Aansoeke is aanlyn by www.nmh.com.na/tourismexpo beskikbaar.
Vir meer inligting, kontak me. Maggy Mbako, skakelbeampte van NMH, by 061 297 2092 of 081 272 9177.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie