Skryf nou in vir die NLU Agri-braai
Skryf nou in vir die NLU Agri-braai

Skryf nou in vir die NLU Agri-braai

Tema is Cattle Country Cowboy
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Kry die braaitange, kole en cowboystewels reg vir die 2018 NLU Agri-braai wat op 25 en 26 Mei deur die Kalahari-Oos Boerevereniging by die Gobabis-skougronde aangebied word.

Met Gobabis wat as die "cattle country" bekend staan, is die tema vanjaar “Cattle Country Cowboy” en groot pryse is weer vir boereverenigings en sosiale spanne op die spel.

Die algehele wenners in die boerevereniging-afdeling wen N$30 000 kontant, asook verdere hulp (sowat N$300 000) van die hoofborge, Namib Mills en Tafel Lagter, om die kompetisie in 2019 aan te bied. Die boereverenigings in die tweede plek ontvang N$6 000 kontant en die derde plek stap met N$4 000 kontant weg. Die algehele wenner in die sosiale afdeling wen N$10 000 kontant. 'n Braaispan bestaan uit vier lede.

"Die vleis vir die hoofgereg is 'n weer 'n verrassing, want cowboys hou van 'n verskeidenheid," sê die organiseerders van die Kalahari-Oos Boerevereniging wat verlede jaar as die braaikonings op Bitterwasser Lodge naby Uhlenhorst aangewys is.

As jy dink jy is 'n braaikoning, hier word jou vernuf ten volle getoets, want alle geregte moet op die oop vuur of kole voorberei word. "Cowboys don't kry", so moenie lang trane huil as jy enige gereg met behulp van ‘n elektriese toestel of gas gaarmaak en gediskwalifiseer word nie.

Die NLU Agri-braai is egter nie net op braaiers gefokus nie, maar gaan pret en vermaak vir oud en jonk verskaf. Van die opwindende aktiwiteite sluit in 'n fietsry- en boogskietkompetisie, 'n wildveiling, 'n pretpark vir kinders en stalletjies in. Daar gaan genoeg te ete en te drinke wees met braaivleis, worsbroodjies, pannekoek en kontantkroeg beskikbaar.

Vrydagaand is 'n hoenderbraai en die cowboystewels gaan hoog opskop op die ritme van die Die Broers. Saterdagaand is 'n steakbraai en Die Campbells gaan die heupe tot ounag op die dansbaan laat swaai.

Die toegangsfooi beloop N$50 per persoon en vir kinders onder sewe jaar oud is dit gratis.

Die sluitingsdatum vir spanne se inskrywings is 30 April. Inskrywings moet aan Karin Metzger by [email protected] gestuur of na 088615842 gefaks word. Vir meer besonderhede, skakel 081 261 2838.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!