Skryf nou in vir Dorp van die Jaar
Namibia Media Holdings (NMH) nooi dorpe in Namibië uit om vir die Dorp van die Jaar-kompetisie in te skryf.
Nou is die tyd vir Namibiërs om plaaslik te reis en dorpe het nou die geleentheid om te wys watter unieke reiservaring hulle aan reisigers kan bied.
NMH nooi dorpe uit om hul handelskoue, uitstallings en funksies wat nie vanjaar weens die Covid-19-pandemie kon plaasvind nie, by die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) uit te stal.
Dorpe wat aan die NTE wil deelneem, kan ’n gratis uitstalruimte van 3 meter by 3 meter kry.
In ’n poging om die toerismesektor te ondersteun wat hard deur die Covid-19-pandemie getref is, sal NMH weer die immergewilde NTE aanbied, maar met ’n paar verskille, waarvan een ’n belegging van N$1 miljoen aan plaaslike akkommodasieplekke is.
Altesaam 1 000 Namibiërs (bo die ouderdom van 18) kan elk ’n kans staan om ’n vakansie-geskenkbewys ter waarde van N$1 000 te wen wat persoonlik by die uitstaller by die NTE afgehaal kan word.
“Ons gaan nie weer ’n reuse-ekspo aanbied gegewe al die voorkomende maatreëls wat volgens die Covid-19-protokol gevolg moet word nie,” het me. Maggy Mbako, woordvoerder van NMH gesê.
“As organiseerders sal ons verseker dat die Covid-19-maatreëls gevolg word. Ons werk hard om te help om die toerismesektor te laat herleef, en derhalwe ook die ekonomie.”
“Die venue sal ’n standaard stel van hoe ’n funksie aangebied word in ’n wêreld wat aansienlik verander het. Kaartjieverkope sal op ’n daaglikse basis beperk word rakende die aantal mense toegelaat.”
Die NTE vind vanaf 4 tot 7 November by SKW plaas.
Vir meer inligting, kontak Mbako by [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie