(SKRYF SAAM) Verruklik Vrou
Dieter Ian Maree - Stadig en suinig strooi sy haar laaste bietjie bruinsuiker
in die vallei langs my linkerwang,
’n Paar sagte korrels in die droë rivierbedding onder my regteroog
en die verslawende geur van swart koffie en moerbei teen harde lippe
en tande wat kners . . .
Kaalvoet en komkommerkoel klouter sy deur die kuis kamers van ’n koue hart
Met die onstuitbare drif van ’n reuseroofvoël vul en vertroebel sy elke leemte van
’n vroom en versigtige bestaan
met iets so kosbaar, jy wil die soet en donker detail met niemand deel nie
Meer gloed as glorie
Sy’s elke verkeerde vrou
Elke gapende afgrond
Elke dapper Delila sonder noodligte
Maar sy is vrou . . .
Meer vrou as vyand . . .
En sy sál jou pligsgetrou vind daar waar die samelewing nog ’n skepsel verwerp
Of by ’n kansel waar diep en martelende twyfel heers
En ek . . . die éne angs, vodde en vreugde!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie