Skrywer benoem rvir kortverhaalprys
Skrywer benoem rvir kortverhaalprys

Skrywer benoem vir kortverhaalprys

Yandi Du Plessis
Die jong Namibiër Rémy Ngamije is onlangs as die Afrika-wenner van die 2020 Statebond Kortverhaalprys aangewys.

Hy het dié ongelooflike prestasie met sy kortverhaal Granddaughter of the Octopus behaal.

“Ek hoop dié erkenning kan meer skrywers uit my eie land, en diegene van minder gevestigde literêre tradisies, aanmoedig om hul skryfpassie uit te leef. Om die moed, geduld en vertroue te vind wat nodig is om deel te word van hierdie interkontinentale storievertel-gemeenskap,” het Rémy oor die prestasie gesê.

Die Statebond Kortverhaalprys word jaarliks toegeken vir die beste stuk ongepubliseerde kortfiksie uit die Statebondlande. Vanjaar se streekwenners het 'n rekordgetal van 6 423 inskrywings uit 50 Statebondlande geklop.

Die vyf streekwenners se verhale word aanlyn deur die literêre tydskrif Granta gepubliseer voor die algehele wenner op 30 Junie bekend gemaak word. Die verhale word ook in 'n spesiale hardekopie-uitgawe deur Paper + Ink gepubliseer, wat vanaf 30 Junie aanlyn en in boekwinkels beskikbaar sal wees.

Granddaughter of the Octopus is 'n verhaal van 'n familiegeskiedenis van liefde, geweld en onteiening, 'n waaghalsige kortverhaal gevul met humor, geraas en stilte, en diep waarhede.

“Die kortverhaal is 'n sielkundige, skerpsinnige portret van 'n groter-as-lewensgroot-karakter wie se uitbundige essensie die leser se verbeelding aangryp deur middel van bondige prosa en poëtiese detail. Maar die skrywer het ook daardie vermoë om met 'n metafoor te toor.

“Die onvergeetlike matriarg van hierdie bittersoet verhaal is waaghalsig, onbedoeld en onbeskaamd sensueel – ek moet byvoeg, skreeu­snaaks – wat alles, en nog veel, veel meer, vasgevang word in 'n stem wat rou en teer soos 'n oop wond is.

“Om die verteller van die verhaal aan te haal: 'Die verlede wen altyd.' Maar die toekoms, in die skrywe van Rémy Ngamije, wen hierdie keer,” het die beoordelaar A. Igoni Barrett gesê.



DIE SKRYWER

Rémy is 'n Namibiese skrywer en fotograaf wat in Rwanda gebore is. Hy is die stigter, voorsitter en kunsadministrateur van Doek, 'n onafhanklike kunsorganisasie in Namibië wat die literêre kunste ondersteun. Hy is ook die medestigter en hoofredakteur van Doek! Literary Magazine, Namibië se eerste en enigste literêre tydskrif.

Sy debuutroman, The Eternal Audience of One, is deur Scout Press (S&S) gepubliseer. Sy werk het al op platforms soos, onder meer, The Johannesburg Review of Books, American Chordata, Azure en Columbia Journal verskyn.

Hy was in 2020 op die kortlys vir die AKO Caine-prys vir Afrika-skrywers. Hy het ook in aanmerking gekom vir die 2020- en 2021-Afritondo-kortverhaalpryse.

In 2019 was hy op die kortlys vir Stack Magazines se prys vir die beste oorspronklike fiksie.

“Ek glo vas dat die voltooiing van enige skryfstuk 'n prestasie is. Dit kan soms die moeilikste wees om die moed bymekaar te skraap om 'n verhaal te skryf en dan die geduld te hê om dit te voltooi. Om dan die selfvertroue te hê om jou werk in te dien vir oorweging vir publikasie of vir 'n literêre prys, is ook 'n spesiale prestasie.

“Dit is nie maklik om jou werk aan kritiek of subjektiewe evaluering te onderwerp nie. Dit is dus baie spesiaal om deel te neem aan die Statebond Kortverhaalpryse, 'n literêre gebeurtenis wat talentvolle skrywers van oraloor die wêreld verenig deur middel van storievertelling.

“Sodoende het elke skrywer die moed gevind om 'n spesifieke verhaal wat vir hulle belangrik was, te vertel, die geduld om hul narratiewe neer te pan en te hersien, en die oortuiging om hul skrywe aan 'n wonderlike en ervare beoordelaarspaneel voor te lê,” het Rémy gesê.

Meer van sy skryfwerk is op sy webwerf by remythequill.com beskikbaar.



DIE STREEKWENNERS

Afrika – Granddaughter of the Octopus deur Rémy Ngamije van Namibië

Asië – I Cleaned The – deur Kanya D'Almeida van Sri Lanka

Kanada en Europa – Turnstones deur Carol Farrelly van die Verenigde Koninkryk

Die Karibiese Eilande – The Disappearance of Mumma Dell deur Roland Watson-Grant van Jamaika

Die Stille Oseaanstreek – Fertile Soil deur Katerina Gibson van Australië

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!