Skrywer neem leser op hartsreis
As kind was Thuli Nhlapo se enigste vooruitsig om vloere te skrop en kinders te abba.Vandag is sy ’n bekroonde en internasionaal erkende joernalis en televisievervaardiger. Sy het twee romans in Swati geskryf en praat 11 tale. In Colour Me Yellow vertel sy van haar grootwordjare en hoe sy deur haar maats, onderwysers, selfs ouers afgeknou is omdat haar vel ligter is as dié van die meeste mense om haar.
Sy probeer “vergoed” deur haar op haar skoolwerk toe te lê en onverpoos te lees.
Sy slaag met moeite daarin om ná skool verder te studeer, verloor haar hart, raak swanger, kry werk.
Die skok, die verstarring wat die verteller ervaar, word baie effektief met die leser gedeel.
Maar sy bereik egter nooit vrede met haar familie nie.
Die gevoel dat haar pa nie regtig haar pa is nie, dat ’n stuk waarheid – iets te verskrikliks om oor te praat – van haar versteek word, loop soos ’n goue draad deur die boek.
Die onsekerheid oor haar herkoms raak oorweldigend; dit maak haar letterlik siek.
Wie is haar pa?
Wat het van hom geword?
Hoekom word sy deur haar familie gehaat?
’n Verdere wins is dat lesers ingelyf word in die swart kultuur, veral wat die geestelike aspekte betref. Ons weet te min van mekaar. Wanneer die waarheid blootgelê word, is dit soos ’n hou in die maag. Die skok, die verstarring wat die verteller ervaar, word baie effektief met die leser gedeel.
’n Goeie outobiografie is ’n reisjoernaal: Die leser toer saam met die skrywer deur haar lewe, tel saam met haar die jaarringe af. Maar dis ook ’n reis van hart tot hart, ’n sielsreis, ’n reis na geestelike vervulling.
Colour Me Yellow het ’n diep geestelike dimensie wat van dié boek ’n besonderse leeservaring maak.
’n Verdere wins is dat lesers ingelyf word in die swart kultuur, veral wat die geestelike aspekte betref. Ons weet te min van mekaar. Kry gerus dié boek onder oë. Tevredenheid is gewaarborg. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie