u2018Skrywer vermoor deur man wat sy helpu2019
u2018Skrywer vermoor deur man wat sy helpu2019

‘Skrywer vermoor deur man wat sy help’

Francoise Steynberg
Die Suid-Afrikaanse skrywer Winnie Rust (77) is waarskynlik vermoor deur ’n jong man wat sy die afgelope tyd geldelik bygestaan het.
Volgens betroubare bronne het dié verdagte die Rust-familie se aandag getrek nadat hy op skool goed in sport presteer het. Hulle het hom toe gelde­lik gehelp. Hy het glo die afgelope Woensdag­middag na Rust se wit dubbelverdiepinghuis in die stil Uitsig-buurt in Wellington gegaan. Dit is nog onbekend hoe die persoon toegang tot die huis verkry het. Niemand het hom ook die huis sien binnegaan nie.
Rust se 83-jarige man, Manie, ’n afgetrede mediese dokter, was glo in ’n slaapkamer op die tweede verdieping vir ’n middagslapie. Hy het omstreeks 15:30 wakker geword van die klokkie wat by die hek gelui het. Hy het opgestaan en daar met twee onbekende mans gesels. Ná die mans se vertrek het hy glo na die “klein kombuis” (daar is twee kombuise) gegaan en op sy vrou se liggaam afgekom.
Sy was geklee in ’n wit bloes en ligbruin langbroek.
Die Rusts se 58-jarige huiswerker, Rachel (Non) Jones, was nie by die huis nie. Woensdae en Vrydae is haar afdae.
Die moordenaar het Rust waarskynlik in die kombuis oorval, haar hande en voete vasgebind en haar mond met kleefband toegeplak.
Een van die talle raaisels rondom haar dood is waarom haar Duitse herders­hond, Max, wat bure as “baie beneuk” beskryf, nie haar aanvaller(s) afgeskrik het nie. Benewens Max het hulle ook ’n tweede, kleiner hondjie, Minnie.
Rust se lyk is gevind op ’n hondematras wat in die kombuis gelê het. Haar gesig was vol bloed en haar mond met deur­skynende kleeflint bedek. Stukkies tou het oor haar bors gelê. ’n Handsak, waarvan die inhoud uitgegooi was, het op ’n stoel gelê. ’n Samsung-selfoon word uit die handsak vermis.
Dr. Rust het toe die polisie ontbied.
Volgens mediaberigte het van die Rusts se bure kort tevore “geluide” uit die huis gehoor.
Jones het Vrydagmiddag vanuit haar beskeie huisie in die Egoli-buurt in Wellington vertel dat sy die afgelope 20 jaar vir “miss Winnie” gewerk het.
Sy het Rust Dinsdag­middag die laaste keer gesien en is daar weg met twee geskenke van Rust: ’n sakkie appels en ’n blou sambreel, want “soos miss Winnie gesê het: ‘Non, die winter is op pad. Ek wil nie hê jy moet koud en nat word nie.’
“Sy het my nou die dag nog gesê: ‘Non, dankie vir jou getrouheid, eerlikheid en gebede. Jy het min woorde, maar dis met sout besprinkel.’
“Ons twee was Godsmense en het mekaar bemoedig,” sê Jones. Sy vertel hoe Rust haar gelde­lik bygestaan het, ’n stort in haar huisie laat bou het en haar dogter Zelda se matriekafskeid- en troufoto’s self kom neem het.
“Miss Winnie se laaste woorde aan my laas Dinsdag was: ‘Oukei, Non, lekker Woensdag!’”
Dr. Rust, ’n man wat Wellingtonners beskryf as ’n geliefde dorpsgeneesheer wat die gemeenskap oor baie dekades gedien het, gaan intussen by ’n familievriend op die dorp tuis. Winnie se broer, die oudletterkundedosent dr. Chris van der Merwe, het gesê sy swaer kry “baie swaar, veral omdat hy op haar liggaam afgekom het”.
Rust laat ook drie dogters – Winnie Nel, Helene Reid en Anna Rust – en ’n seun, Hugo Rust, agter.
- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!