Skud op met studiegeld-aansoeke
Die hulpfonds vir studente wil studielenings vinniger toeken.
Augetto Graig - Dis nóú die tyd, en daar’s min tyd.
Diegene wat verder wil studeer met die hulp van die Nasionale Hulpfonds vir Studente (NSFAF) het tot 28 Februarie geleentheid om daarvoor aansoek te doen.
Die NSFAF se aanlyn aansoekproses is van vandag af in werking.
By die amptelike aankondiging van die begin van 2018 se aansoek aanvaring het die fonds se hoof van menslike kapitaal en korporatiewe sake mnr. Olavi Hamwele gesê die lys vereistes nodig om vas te stel wie in aanmerking mag kom vir die finansiële hulp uiters belangrik is.
“Voorheen het ons ’n omslagtige stelsel gehad wat studente nie behulpsaam was nie,” het Hamwele gesê.
Boonop was die ou papierstelsel duur, met gereelde vertragings en foute, en het die NSFAF boonop jaarliks tot N$700 000 uit die sak aan oortydbetalings gejaag.
Nog ’n groot verandering in die aansoekproses is dat toekenningsbriewe nie meer uitgereik word nie.
Ná 28 Februarie vanjaar sal slegs diegene wat die aansoekproses suksesvol voltooi het erkenningsbriewe ontvang.
Hamwele waarsku daar is geen waarborg dat instansies van hoër onderwys dié erkenningsbriewe vir registrasiedoeleindes sal aanvaar nie.
Die stelsel is so ontwerp om die omkeertyd te verkort en die toekenningsproses te bespoedig, sê hy.
Hamwele sê die toekenning van NSFAF-lenings sal na verwagting binne 30 dae aan studente bevestig word, mits al die vereiste dokumente verskaf en op die stelsel gelaai is.
Studente wat aansoek wil doen, word aangemoedig om die nodige dokumente bymekaar te maak, te skandeer en te berg in ’n formaat wat maklik op die aanlyn stelsel gelaai kan word.
Die dokumente sluit nie net oorspronklike geboortesertifikate en identiteitsdokumente in nie, maar ook besonderhede van ouers, wat bewyse van inkomste insluit.
Polisieverklarings en doodsertifikate word versoek as ouers oorlede is.
Studente moet ook ’n selfoonnommer wat in werking is en ’n e-posadres kan verskaf.
NSFAF-spanne skop Maandag 15 Januarie af met ’n landswye toer om die aansoekproses te vergemaklik.
Die spanne sal ook toegerus wees met skandeertoerusting, rekenaars en toegang tot die internet.
Volgens Hamwele sal hulle ook help met die skep van e-posadresse.
Gedurende haar demonstrasie van die aanlyn aansoekproses het die bestuurder van toekennings, me. Alushe Nditya, gesê aansoek kan vir studiefooie of akkommodasie of beide gedoen word.
Sy het gesê die stelsel sal outomaties bepaal wie die finansiële hulp die meeste benodig.
Na die proses voltooi is, sal studente deur middel van SMS’e en e-posse ’n wagwoord en NSFAF-identiteitsnommer ontvang waarmee hulle navraag oor hul lenings kan doen.
Tans verskaf die NSFAF finansiële hulp aan meer as 33 900 Namibiese studente, sê Hamwele.
Dié getal sluit sowat 15 000 studente in wat in 2017 goedgekeur is uit 25 000 aansoeke.
Dr. Eino Mvula, die NSFAF se hoofbedryfsbeampte, het bevestig omtrent 92% van uitstaande skuld is verlede jaar reeds betaal - dit sluit lenings vir opleiding wat ten volle betaal is in.
Van die studente het ook al N$3 000 ontvang wat aan hulle verskuldig is vir nie-opleidingfooie, sê Mvula.
“Ons is in kontak met die betrokke owerhede vir die hulpbronne om die res te betaal,” het hy gesê.
“Al die fakture wat ons tot dusver ontvang het, is voldoende. Ons wag dat die instansies weer open en fakture uitstuur om betalings te prosesseer,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie