Skuif op Bitcoin, hier kom Monero-geld
Skuif op Bitcoin, hier kom Monero-geld

Skuif op Bitcoin, hier kom Monero-geld

Jo-Mare Duddy Booysen
Daar is ’n nuwe virtuele geldeenheid wat vir Bitcoin letterlik en figuurlik uit sy posisie as die grootste geldeenheid wil rook.
Die hoeveelheid van die twee jaar oue Monero- digitale geldeenheid het meer as vervierdubbel in Augustus met aanlyn dwelmhandelaars wat dit al meer begin gebruik weens sy anonimiteit.
Dit het Sondag teen US$10 verhandel nadat AlphaBay, een van die gewildste webwerwe om dwelms soos vloeibare LSD en gekruiste dagga, aangekondig het hy gaan dié geldeenheid van 1 September aanvaar.
Die totale waarde van alle Monero in sirkulasie het Maandag die US$100 miljoen-­vlak verbygesteek. Einde Julie het dit US$25 miljoen beloop, berig coincap.io.
“Weens die aanvraag van die gebruikers en die sekuriteitskenmerke van Monero het ons besluit om dit by ons mark te voeg,” het AlphaBay verlede week op Reddit aangekondig.
“Ons verwag dit gaan die prys laat styg, so as jy ’n belegger is, is dit nou die tyd om Monero te koop.”
Bitcoin, die gewildste digitale geldeenheid in die wêreld met ’n totale waarde van US$9,1 miljard, laat gebruikers ook toe om geld onopvallend te skuif en gebruik ’n groep kundiges om die egtheid van elke transaksie te bevestig.
Sy privaatheid word nou bedreig met regerings en private speurders wat hul vermoë om transaksies oor die bitcoin- netwerk te volg, verbeter het.
Hulle volg die bitcoin na bankrekeninge waar dit uiteindelik weer in tradisionele geldeenhede soos dollar verander word.
Monero gebruik ook ’n netwerk kundiges om transaksies te bevestig, maar sit verskeie transaksies bymekaar om dit moeiliker te maak om die oorsprong van die geld te bepaal.
Dit gebruik ook dubbel-sleutel geheimhouding adresse wat dit moeilik maak vir derde partye om vas te stel wie die geld ontvang het.
“Vir elke twee betalings, van dieselfde of verskillende transaksies, kan jy nie bewys dit is na dieselfde persoon gestuur nie,” skryf Riccardo Spangi, ’n hoofontwikkelaar van Monero in ’n e-pos.
Deur transaksies saam te groepeer is dit onmoontlik om te bepaal watter transaksie van die groep kom van waar. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!