Skuiwe op krieketfront glo doodnormaal
Die beheerliggaam moes gister opnuut 'n paar vure doodslaan.
Andrew Poolman - Die bedankings van afrigters en keurders die afgelope tyd is nie 'n aanduiding dat daar onenigheid of duistere motiewe agter die skerms aan die gang is nie.
Dit was gister die reaksie van rolspelers in Krieket Namibië na aanleiding van plaaslike nuusberigte oor verwikkelinge gedurende die huidige afseisoen. Geen skriftelike antwoord, soos beloof, is egter teen druktyd van die beheerliggaam ontvang nie.
Gareth Cloete, afrigter van die Namibiese vrouespan vir die laaste twee jaar, het aan die koerant bevestig dat hy sy bedanking ingedien het vanweë 'n meningsverskil met 'n enkele raadslid oor hoe die vrouespan se sake bedryf behoort te word.
“Geen media het my oor my bedanking uitgevra nie en dis onwaar dat ek swak behandeling van die raad gekry het of dat dit die rede vir my bedanking is, soos beweer is. Ek was eintlik verbaas om daarvan te lees,” het hy gesê.
Cloete sê die nasionale vrouespan het die afgelope twee jaar goeie vordering gemaak danksy harde werk deur die spelers. “Ek het geen inligting of Krieket Namibië 'n nuwe afrigter in die oog het nie. Ek self het 'n jong gesin en dit is dalk die beste dat ek nou vry is om meer aandag tuis te kan bestee.”
Sy klubspan WHS Old Boys het onlangs die seisoen met 'n triomf in die finaal van die Three Ships Whisky premierliga oor 50 boulbeurte afgesluit.
Volgens Cloete sal hy voortgaan om Old Boys af te rig, wat in die komende seisoen ook sonder sy hardwerkende voorsitter Christo van Zyl sal moet klaarkom wat besluit het om vir 'n paar maande 'n blaaskans te neem.
EAGLES-OPSET
Krieket Namibië se uitvoerende hoof, dr. Donovan Zealand, het gister die gerugte ontken dat die nasionale manspan, die Eagles, se fiksheidsafrigter en fisioterapeut Clint Henry afgedank is.
New Era het gister berig dat Henry in die pad gesteek is ten gunste van Janine Snyman, die vrou van die raadslid mnr. André Snyman. Uit spangeledere is egter verduidelik dat Janine, wat haar eie praktyk bedryf, net by enkele geleenthede uitgehelp het wanneer Henry nie beskikbaar was nie.
“Clint gaan nêrens, hy bly aan,” sê die nasionale spanbestuurder, André Schmidlin.
Twee nasionale keurders se onlangse bedankings is na verneem word ook nie deur enige duistere redes aangedryf nie.
Peter Davidson (sameroeper) van Walvisbaai het vanweë werkverpligtinge nie meer genoeg tyd beskikbaar nie, terwyl Melt van Schoor besluit het om hom te onttrek om moontlike botsende belange te vermy. Van Schoor se seun Danie het die afgelope seisoen as draaibouler deurgebreek om verskeie wedstryde vir die Eagles te speel en volgens Schmidlin het Danie sy kanse aangegryp en hoef in niemand se skaduwee te staan nie.
• Vir die nasionale span wat volgende maand na Skotland toer, was daar gister 'n goeie geleentheid toe Suid-Afrika se voormalige toetskolwer en gewese nasionale afrigter Gary Kirsten 'n draai in Windhoek kom maak het.
Kirsten sou gister en vandag oefensessies met die Eagles se topkolwers gehad het. Namibië berei voor om Skotland in Junie in 'n vierdagwedstryd, asook twee eendagwedstryd te gaan takel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie