Skuiwe vir tuisstryd teen OP Kings
Rugby
Die botsing môre tussen twee beleërde spanne in die Curriebeker eerste liga sal vir óf die Windhoek Draught Welwitschias óf die Oostelike Provinsie Kings soos manna uit die hemel wees.
In Windhoek se Hage Geingob-stadion sal antwoorde waarskynlik verkry word of afrigter Lyn Jones se Namibiese amateurspan werklik soveel vordering gemaak het dat hy in die tweede helfte van die seisoen 'n aanspraak op die topvier in dié provinsiale kompetisie kan maak.
Ondersteuners van die Namibiërs wat nie laas naweek se wegwedstryd teen die Griffons op Welkom gesien het nie, het straks goedkeurend kopgeknik toe hulle die eindtelling van die verloorwedstryd (66-59) hoor.
Die twee ligapunte was welverdiend vir 'n vertoning van ondernemende rugby wat 'n driekuns vir die senter Darryl de la Harpe opgelewer het.
Die Namibiërs het laas naweek 'n nagmerrie-begin beleef en het omtrent 20 punte in ewe veel minute afgestaan. Afrigter Jones was nietemin beïndruk met die georganiseerde wyse waarop die Welwitschias op die telbord teruggeveg het.
Groot klem is dié week op die struktuur van verdediging gelê. Soos hulpafrigter JP Nel dit stel: “Al die spanne in die eerste liga is baie vernuftig op die aanval en is in staat om heelwat drieë te druk. Om dié rede kan hegte verdediging 'n groot verskil maak.”
Drie spelers wat weens beserings laas naweek buite rekening is, is die agtsteman Joe Hermann (skouer) en senter Janry van Wyk (knieligamente).
Laas Vrydag het David Philander 'n mediese terugslag binne die laaste uur voor die Namibiërs se vlug uit Windhoek gekry en moes hy op die laaste oomblik deur Mahco Prinsloo vervang word. Boonop het Prinsloo hom skaars 20 minute ná die afskop as plaasvervanger op die veld bevind toe Van Wyk sy knie seergemaak het.
Prinsloo is egter pligsgetrou op die oefenveld en verdien sy kans in die 15-trui.
In die voorry is Niël van Vuuren en Desiderius Sethie in die beginspan, ná hulle nie vir laas naweek beskikbaar was nie.
Nog 'n betekenisvolle insluiting is dié van Christo van der Merwe wat in sy eerste verskyning vir Namibië op provinsiale vlak 'n sterk lostrio saam met Rohan Kitshoff en Thomasau Forbes vorm.
Van der Merwe was tevore 'n kaptein van die nasionale o.20-span en was ook by die Westelike Provinsie op Curriebeker-vlak gekontrakteer. Ná vyf verskynings in toetsrugby sedert verlede jaar, sal sy terugkeer na sy geboorteplek Windhoek 'n goeie hupstoot vir die plaaslike aanslag in die Curriebeker wees.
Die Welwitschias het gister met die aankondiging van die spanne kennis geneem dat hul hoofafrigter verlede seisoen, John Williams, hom nou as 'n hulpafrigter van die Kings bevind. 'n Mens sal moet sien hoeveel invloed sy binnekennis van die Namibiërs op die uitslag het.
Verlede jaar het die Welwitschias in Windhoek met 31-18 teen die Oos-Kapenaars verloor.
Die OP is laas naweek in Port Elizabeth met 40-27 deur die Grens geklop.
Windhoek Draught Welwitschias: 15 Mahco Prinsloo, 14 Gino Wilson, 13 Lesley Klim, 12 Darryl de la Harpe, 11 Johann Tromp, 10 Theuns Kotzé, 9 Eugene Jantjies (kapt), 8 Thomasau Forbes, 7 Christo van der Merwe, 6 Rohan Kitshoff, 5 Max Katjijeko, 4 Ruan Ludick, 3 AJ de Klerk, 2 Niël van Vuuren, 1 Desiderius Sethie.
Reserwes: Shaun du Preez, Christo McNish, Herman Grobler, Denzil van Wyk, Adriaan Booysen, Heinrich Smit, Helarius Kisting.
OP Kings: 15 Lindelwe Zungu, 14 Riaan Arends, 13 Siyanda Grey, 12 Andile Jho (kapt), 11 Ivan-John du Preez, 10 Curtis Sias, 9 Sonwabo Majola, 8 Cody Basson, 7 Zingisa April, 6 Renier Erasmus, 5 Anele Lungisa, 4 Wynand Grassmann, 3 Nicolas Roebeck, 2 Jean-Pierre Jamieson, 1 Dewald Barnard.
Reserwes: Jedwyn Harty, Xandre Vos, Justin Hollis, Diego Williams, Luvo Claassen, Riaan Esterhuizen, Siphu Msutwana.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie