Skuld kan NRU se hande afkap
Skuld kan NRU se hande afkap

Skuld kan NRU se hande afkap

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Personeel van die Namibië Rugby-unie (NRU) werk reeds vir meer as twee volle maande van die huis af, vanweë die ongerief dat die elektrisiteitstoevoer na die Hage Geingob-stadion vroeg in Julie afgesny is.

Die verantwoordelike party vir die water- en kragrekening – die ministerie van sport, jeug en nasionale diens – is klaarblyklik ver agterstallig met sy betalings aan die Windhoekse munisipaliteit.

Die trotse nasionale vesting van die Namibiese rugbyspan se watertoevoer is nog nie afgesny nie, hoewel onvoldoende waterdruk met tye ervaar word. Dit bring mee dat die sproeiers nie soos normaalweg oral bykom nie en dat die gras op sommige kolle al begin vergeel.

Namibië staan midde-in ’n paar deurslaggewende maande in sy opbou na volgende jaar se beslissende toernooi wat Afrika se verteenwoordiger by die 2023 Wêreldbeker in Frankryk sal bepaal.

Namibië het sedert sy debuut in 1999 nog nie ’n Wêreldbeker misgeloop nie, maar met die verlies aan momentum met die Covid-pandemie en ander verwikkelinge weg van die speelveld, is daar geen waarborg dat hy sommer die alles-of-niks formaat van ’n semifinaal en finaal teen Zimbabwe of Kenia ligtelik kan opneem nie.

Enige verdere agteruitgang of gebrek aan instandhouding van die Hage Geingob-stadion kan ’n demper plaas op die NRU se voorneme om ’n bod aan Rugby Afrika in te dien om in Julie 2022 die kontinentale toernooi vir WB-kwalifisering aan te bied.

Daar is reeds sprake dat Rugby Afrika oorweeg om sy uitduntoernooi in Frankryk (gasheer van die 2023 Wêreldbeker) te laat speel. Die NRU-president mnr. Corrie Mensah en sy bestuur wil egter alles in hul vermoë doen om die skaal te swaai met ’n gunstige bod aan Rugby Afrika.

Die gebrek aan elektrisiteit het die nasionale oefengroep nog nie gekeer om die vereiste harde werk agter die skerms voort te sit nie. Die NRU gebruik ’n kragopwekker om die ligte in die gimnasium by die stadion aan te skakel vir wanneer die eerste groep spelers soggens 05:00 vir hul oefensessies opdaag.

Laatnamiddae is daar darem ook nog sonlig oor vir die spelers om ’n oefensessie op die rugbyveld in te kry – grootliks te danke aan die onvermoeide werkywer van die NRU se jarelange veldopsigter Viho Elias.

Die onbruikbaarheid van die NRU-kantore skep egter leemtes in die beheerliggaam se administratiewe funksies. Die NRU moes dus byvoorbeeld bykomende huurkoste aangaan vir ’n venue vir afgelope Saterdag se byeenkoms van die nasionale afrigter, mnr. Allister Coetzee, met afrigters van die premierligaklubs en die media.

[email protected]

FOTO
So het geel kolle op die Hage Geingob-stadion se grasveld begin ontstaan vanweë die swakker as normale waterdruk wat ondervind word. Foto Andrew Poolman

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!