Skuld wurg Rundu landbou-sentrum
Elvira Hattingh - Die altesaam N$3,82 miljoen wat hoofsaaklik deur Groenskema-projekte aan die Rundu Landboutegnologie-sentrum geskuld word, laat die sentrum se geldsake in die rooi terwyl dit ook nie meer salarisse kan betaal nie.
Mnr. Michael Samwele, die sentrumbestuurder het in ‘n onlangse voorlegging aan die ministerie van landbou, water en grondhervorming gesê ten spyte dat kostebesnoeiing suksesvol op talle fronte uitgevoer is, lê veral skuld deur die Groenskemas hul sake lam.
Groenskemas is verantwoordelik vir 71% van die N$3,82 miljoen wat aan die sentrum geskuld word, en 29% ander partye.
Samwele sê dit raak die sentrum se kontantvloei en werksaamhede in so ‘n mate dat dit al swakker begin presteer, nie meer tydige en soms enige diens aan Groenskemas kan lewer nie en dus binnekort nie langer sy mandaat sal kan uitvoer nie.
Hy meen ten spyte daarvan dat Rundu se sentrum bewys het hulle is bevoeg om die werk te doen, is daar bottelnekke wat veroorsaak dat die sentrum nie suksesvol kan wees nie.
“Al ons uitdagings kan die hoof gebied word, sou ons skuldenaars net hul skuld vereffen,” sê hy in die verslag.
Hy sê ook die sentrum genereer N$7,2 miljoen se inkomste elke jaar, alhoewel die sentrum drie maal die bedrag sal kan inwin as dit ‘n behoorlike kapitale belegging kan ontvang.”
Samwele maak drastiese voorstelle om die situasie te beredder. Dit sluit in dat, indien die sentrum steeds verplig gaan word om dienste aan Groen- asook droëlandskemas te bied sonder dat die partye daarvoor betaal tot tyd en wyl hulle selfvoorsienend is, behoort die ministerie die sentrum se skuld aan verskaffers te delg.
Dit, meen Samwele, sal die sentrum red.
Andersins, indien die ministerie nie die sentrum kan subsidieer nie en AgriBusDev voortgaan om niks daaraan te doen nie, behoort die regering die Groenskemas se skuld te erken en die sentrum finansieel te help.
Verder word voorgestel ‘n openbare-private-vennootskap word gestig om die sentrum te red, of dit as onafhanklik te beskou en soos ander projekte toelaes van die ministerie ontvang, of die sentrum se werknemers word afgelê en dit word weer deur die ministerie oorgeneem.
In die dokument sit hy uiteen dat die sentrum sedert 2017 daarin geslaag het om onder meer sy elektrisiteitsrekening met 80% te sny, terwyl die rekening vir skoonmaakmiddels sedertdien met N$96 000 verminder is en die brandstofrekening ook met N$360 000 verlaag is.
Voorstelle word ook gemaak oor hoe inkomste vir die sentrum geskep kan word.
Verder word daar aangedui wie die skuldenaars is: Dit sluit in die Kalimbeza Groenskemaprojek wat die sentrum N$860 876,74 skuld, terwyl die Groenskema wat die sentrum die tweede meeste skuld (N$712 445), Sikondo is.
AgriBusDev se hoofkantoor skuld die sentrum ook N$222 929,90, terwyl Samanyonga Investments cc, wat nie ‘n groenskema is nie, N$929 519,07 skuld.
“Die sentrum ervaar uitdagings om skuld van die groenskema-projekte in te win, want die projekte is steeds nie produktief nie.
Samwele sê die instandhouding van landboutoerusting en infrastruktuur op Groenskemas is ‘n enorme uitdaging vir die meeste skemabestuurders.
“Begrotings word ingedien en fondse voorsien, maar geen voorsiening word vir die instandhouding van masjinerie gemaak nie.
Die masjinerie speel ‘n enorme rol in landbouproduksie.
“Jy kan al die saad, water en kunsmis hê, maar sonder geredelik beskikbare masjinerie kan produksie nie plaasvind nie,” sê hy.
Rundu se sentrum is een van twee wat deur die ministerie gestig is om tegniese steun aan die Groenskema-projekte, asook boerderygemeenskappe te verleen.
Dié sentrum is reeds in 2015 ingehuldig terwyl Ongwediva se sentrum, wat in 2018 voltooi is, nog nie in gebruik geneem is nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie