Skuldriller
Om die skade te beperk wat Covid-19 besig is om die ekonomie te berokken, gaan verstommend baie geld verg.
Jo-Maré Duddy – Die omvang van die Covid-19-pandemie het die ekonomie finaal verpletter en gaan die land vanjaar met ‘n algehele begrotingstekort van bykans N$21,4 miljard laat.
Voeg daarby die meer as N$4,8 miljard se skuld wat in 2020-’21 terugbetaal moet word, en die land moet sowat N$26,2 miljard gaan soek om sy 2020-’21-boeke te laat klop.
‘n Begrotingstekort wat sowat 120% groter as dié van 2019-‘20 is en ongeveer 352% meer se skuld wat vanjaar gedelg moet word, het finansminister Iipumbu Shiimi met geen ander keuse gelaat as om die regering se totale skuld na bykans N$117,5 miljard op te jaag nie. Vergeleke met verlede jaar, is dit ‘n styging van sowat N$17 miljard.
Totale skuld beloop nou ongeveer 68,5% van die bruto binnelandse produk (BBP), bykans dubbel die regering se plafon daarvoor.
“Ernstige vrae moet gevra word oor hoe ons uit dié skuldstrik gaan kom,” sê mnr. Romé Mostert van Cirrus Capital.
Volgens me. Eloise du Plessis van PSG Namibia “is daar nie moelike besluite gemaak nie, daar is net besluit om geld te leen”.
Shiimi se totale bedryfs- en ontwikkelingsbegroting vir 2020-’21 maak voorsiening vir besteding van bykans bykans N$72,8 miljard – sowat N$4,8 miljard of 7% meer as die vorige boekjaar.
Daarteenoor gaan totale inkomste van bykans N$51,4 miljard met amper 11,7% teenoor verlede jaar val.
“Die omvang van die coronaviruspandemie het die ekonomiese landskap verwoes en die meeste voordele uitgewis wat met begrotingsaangepaste hervormings bereik is,” het Shiimi gister gesê toe hy sy debuutbegroting in die parlement ter tafel gelê het.
Staatsamptenare
Die voortslepende resessie, die inperking en die impak van Covid-19 gaan mense en besighede vanjaar looi.
Dit blyk uit die bykans N$15,4 miljard se belasting van persoonlike inkomste, korporatiewe wins en kapitaalwins verwag word. Dit is bykans 31% minder as verlede jaar.
Terwyl Namibiërs reeds óf hul werk verloor het óf kleiner salarisse verdien, gaan staatsamptenare oënskynlik skotvry daarvan afkom.
Shiimi het in sy begrotingstoespraak nie ‘n woord oor afleggings of salarisbesnoeiings gerep nie. Belastingbetalers gaan in 2020-‘21 bykans N$28,8 miljard vir amptenare se totale vergoedingspakkette moet opdok, skaars 3,5% minder as verlede jaar.
In 2019-’20 het die staatsdiens se salarisrol 51% van die regering se totale inkomste opgeslurp. Nou staan dié syfer op 56%.
Lenings, rente
Net meer as N$9 miljard se kontantreserwes is beskikbaar om die begrotingstekort te laat krimp.
Die regering beoog om sowat N$10,3 miljard plaaslik te leen, ietwat minder as verlede jaar.
In totaal gaan bykans N$6,8 miljard in die buiteland geleen word, ‘n styging van meer as 2 500% teenoor verlede jaar toe net N$257 miljoen se lenings nie plaaslik was nie.
Twee van dié lenings is van die Africa Development Bank (AfDB) en beide moet in rand terugbetaal word. Een beloop N$2 miljard en die ander sowat N$1,5 miljard.
Sowat N$3,2 miljard bykomend gaan in die buiteland geleen word om die impak van Covid-19 te versag. Die begroting meld nie waar en in watter geldeenheid die geld bekom gaan word nie.
Die regering gaan vanjaar sowat N$7,7 miljard aan rente op skuld moet betaal, sowat 20% meer as verlede jaar.
Rente en koste om skuld te diens gaan ‘n hap van 16,4% uit inkomste vat, veel groter as die regering se maatstaaf van 10%.
Om 16,4c uit elke N$1 se inkomste hieraan te bestee, is “wesenlik”, sê Du Plessis.
MTEF
Anders as vorige jare toe die begroting ingedien is as deel van ‘n bestedingsraamwerk wat oor drie jaar strek (MTEF), het Shiimi gister net ‘n begroting vir 2020-’21 ter tafel gelê. Dit weerspieël die dringendheid van die eenmalige hoër behoeftes wat uit die pandemie spruit en aan voldoen moet word, het hy gesê.
‘n Volledige MTEF en strukturele beleidshervormings sal tydens die halfjaar-begrotingshersiening in Oktober voorgelê word wanneer die regering ‘n beter begrip van die impak van Covid-19 het, het Shiimi gesê.
Gegewe die “uitdagende ekonomiese landskap is nou nie die tyd om nuwe belastings in te stel nie”, het die minister ook gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie