Skuts looi teikens vir maksimum punte
Bisley en jaggeweerskiet
Tielman van Lill - Die Namibiese Geweerskietvereniging (NRA) het die afgelope naweek sy bisley-seisoen met die TransKalahari Wes-kampioenskap in die Khomasstreek ingelui.
Die byeenkoms is by die Neels Dodds-skietbaan buite Windhoek gehou waar deelnemers sake in die FTR-klas asook F-klas (ope) uitgespook het. Die gesogte V-kolskoot wat presies in die middel van die skyf tref, is oor afstande tussen 300 meter en 1100 m gejaag.
Wiann Mans, wat die FTR-afdeling gewen het, spog met 20 V-skote, Pieter Malan met 18 en Daan van Rensburg met 19. By die Ope-afdeling het beide John Williams en Deon Jordaan agt behaal.
Die program is met ’n oefenlopie op 300 meter afgeskop, waarna die skuts met drie rondes oor 500 meter en twee rondes oor 600 meter losgetrek het. Punte soos in die uitslae aangedui, word uit ’n maksimum van 225 behaal en die V-skote word vir elke skut in hakies aangetoon.
Die voorste uitslae:
FTR-klas: 1 Wiann Mans 221 (20 V-kolskote), 2 Pieter Malan 221 (18), 3 Daan van Rensburg 219 (19), 4 Robert Lottering 208 (19), 5 Wessel Honiball 201 (11), 6 Urda Bohn 201 (6), 7 Dewet Wasserfall 191 (10), 8 Jan Styger 184 (5), 9 Nico Wasserfall 176 (5), 10 Margret Wasserfall 176 (4), 11 John Robinson 164 (2).
F-klas (ope): 1 John Williams 199 (8 V-kolskote), 2 Deon Jordaan 197 (8), 3 Nick von Bergen 188 (7).
Die Namibiese Geweerskietvereniging bedank graag vir Impact Web Studio, sy medaljeborg van die afgelope naweek. Die borg het medaljes vir die skuts in die eerste drie posisies in elke klas op die spel geplaas en Mans kon met ’n medalje spog wat hy met sy 20 V-skote behaal het.
“Ons by die NRA wil me. Bets-Marie Coetzee vir haar bydrae en ondersteuning bedank,” sê hul verklaring.
Klasbeskrywing: Die FTR-klas is slegs vir .308-Winchester (7.62 mm Nato) en .223-Remington-gewere (5.56 mm x 45 Nato) waarvan die kamers nie verander is nie. Die geweer word van ’n tweepootstaander afgevuur wat aan die loop geheg is.
F-klas: Skuts in dié afdeling kan bykans enige geweer tot die maksimum van ’n .338-kaliber gebruik. ’n Teleskoop word toegelaat en die geweer mag gestut word. Afstande wissel tussen 300 m en 1100 m.
JAGGEWERE
Die Namibiese Jaggeweerskietvereniging (NHRSA) het vroeër vandeesmaand by Swakopmund saamgetrek waar deelnemers 150 punte per skietbaan kon opraap. Ses bane is volgens die reëls uitgelê met sterk wind en hittegolwe wat die skuts se partytjie wou bederf.
Me. Bets-Marie Coetzee van die NHRSA sê hulle het waardering vir hul borge.
“Baie dankie aan Outdoor Centre Swakopmund, die Swakopmund-skietbaan, Hendrik Roos van A-Tec en Jaco van Windpomp 14 vir hul bydrae om die kompetisie moontlik te maak."
Die voorste skuts van die dag:
Penkoppe: 1 Christo van Rooyen, 2 Dawid du Toit, 3 Vincent Maresch.
Juniors: 1 Xander van Rooyen, 2 Kean Redelinghuys, 3 Hanré Cocklin.
Veterane: 1 Francois Blaauw, 2 JWF Kannemeyer, 3 Dirk Rohrmann.
Seniors: 1 Gert van der Wath, 2 André van Rooyen, 3 David Francis.
Vroue: 1 Karola Marais, 2 Bets-Marie Coetzee, 3 Melanie Grobler.
Mans: 1 Francois Marais junior, 2 Pieter Vorster, 3 Ferdinand Schnaitmann.
Bronsklas: 1 Ruan Kotze, 2 Wilhelm Loubser, 3 Frans Jooste.
Silwerklas: 1 Ferdinand Schnaitmann, 2 Karola Marais, 3 Andries van Wyk Herbert.
Goue klas: 1 Francois Marais jnr, 2 Pieter Vorster, 3 Gert Martins.
Algehele wenners: 1 Francois Marais jnr, 2 Pieter Vorster, 3 Ferdinand Schnaitmann.
.222/.223-klas: 1 Francois Marais jnr, 2 Gert van der Wath, 3 Gert Martins.
Die NHRSA se volgende kompetisie vind op 20 en 21 Maart by die Keetmanshoop-skietbaan plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie